SA kunstenaar in hof oor haan aan geslagsdeel

hofhamertjie31Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Steven Cohen sal op 16 Desember op aanklagte van openbare onsedelikheid in ʼn hof in Parys, Frankryk verskyn.

Die Sunday Times berig dat Cohen vroeër die week in hegtenis geneem is nadat hy voor die Eiffel-toring gedans het met ‘n haan wat met ʼn lint aan sy penis vasgemaak was. “Dit is die dag van versoening in Suid-Afrika maar die dag van oordeel vir my,” het Cohen oor sy hofverskyning aan die koerant gesê. Cohen het aan die Sunday Times gesê hy is vir sowat 10 uur aangehou, ondervra, moes ʼn DNS-monster gee en psigiatriese evaluasie ondergaan. Cohen sê hy sal eerder tronk toe gaan as om ʼn boete te betaal. Hy sê die boodskap van sy opvoering was om gelyktydig in verskeie rigtings getrek te word. “Frank [Cohen se naam vir die hoender] is ʼn vurige haan en in staat om self oor die choreografie te besluit, “het Cohen aan die koerant gesê.

Vir ‘n foto van Cohen se opvoering, klik hier. Waarskuwing: Die foto kan ontstellend wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Angelus ·

Ek dog die haan het broeis geword en het die eierdans uitgevoer alvorens hy op die eiers wou gaan sit! LMGA!

Trippie ·

Angelus, dit was Vrydag op JacarandaFM … moet erken ek het gelag vir Riaan van Heerden se uitlating.

Willy, het jy dit ook gehoor ? (Iets van ‘n cock) …

Willy ·

Ek wonder watter cock kraai die hardste as daar ‘n lint om altwee se nekke is?

Trippie ·

Ek gaan nie weer kyk nie .. LMGA !

Laat my nie in versoeking lei nie … nie eers met ‘n lint nie – HEHEHE !

Trippie ·

Ek het na die foto gaan kyk – EN my ontbyt twee maal ge-eet.

DIS SIEK !

Dinknet ·

Daar is n liedjie wat lui: “Daar’s n haan,daar’s n haan wat op die kloktoring staan…”. In hierdie geval het die haan aan die “klokke”-toring gehang!!!! Hieeeee-haaaa!

Trippie ·

Hehehehe !

***

Daardie stiletto’s is so hoog, nie eers ek sal my lewe daarop waag nie – en ek lief my hoe-hak-spyker-skoene.

vuurvreters ·

O nee hel en ons eet hoender vandag!!!!! Ek sal maar pap en vleis eet hoop nie dis nog donkie vleis ook nie lmga

Trippie ·

Nou het ek LEKKER gelag … pass maar die hoender-gereg … cock sal nooit weer dieselfde wees.

Justi ·

Oi togi! Dai ding gaan so wragtie afval. Gonse orrelpyp…..hy is pers gewurg! As dai haan gaan omkyk gaan hy hardloop dat jy stukke teerpad en sypaadjie sien trek!

Jasper ·

Ek kon nou eers na die petalje kyk. Die ding is gerook en dan loop hy nog op stelte !
Bloukop koggelmander op sleeptou ha ha
Slaat dood en sleep weg.

Erich Goosen ·

Hierdie man laat hom nie aan sy eeeeee – neus rondlei nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.