SA ma, kinders uit Pakistan gered

ʼn Suid-Afrikaanse vrou en haar twee kinders is op pad terug van Pakistan na Suid-Afrika nadat hulle deur die polisie gered is.

Die polisie sê in ʼn verklaring dat Sajida Sungey (37) en haar twee kinders, ʼn 11-jarige dogter en babaseun, in Mei 2010 saam met haar man na Pakistan is. Sungey se man is ʼn Pakistani burger en hulle is in Suid-Afrika getroud. Sungey en haar 11-jarige dogter is glo deur die man mishandel en mag nie teruggekeer het na Suid-Afrika nie. Sungey het die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Islamabad gekontak wat op sy beurt die polisie in kennis gestel het. Die polisie se skakelbeampte in Islamabad het die saak begin ondersoek. Sungey het beweer dat die mishandeling van so graad was dat sy nie eers die adres geken het waar sy in Pakistan gebly het nie. Sy kon die skakelbeampte egter van genoeg inligting verskaf sodat hy kon uitvind waar sy bly. Die polisie in Pakistan het met behulp van die Suid-Afrikaanse polisiediens vir Sungey en haar twee kinders gered. Sungey en haar twee kinders is tans onderweg van Pakistan na Suid-Afrika met behulp van die organisasie, Gift of the Givers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.