SA man deur olifant doodgetrap in buurland

Mike Dobson was bekend om sy liefdadigheidswerk onder kinders. Foto: Knysna-Plett Herald

ʼn Bekende eiendomsagent van Knysna se man is die naweek in Botswana deur ʼn olifantkoei doodgetrap.

Die Knysna-Plett Herald berig Mike Dobson (67) is die naweek in Shashe in Botswana deur ‘n olifantkoei doodgetrap terwyl hy en sy vrou Ling op ʼn stap-safari was. Ling is die prinsipaal en eiendomsagent by Pam Golding Properties in Knysna. Mike, wat ʼn groot natuurliefhebber was, het glo ʼn ent voor die groep geloop toe die olifantkoei omgedraai, op hom afgestorm en hom doodgetrap het. Ling het glo kort tevore foto’s van die olifantkoei geneem. Dobson sê haar man is in ʼn private voertuig gelaai en na die Suid-Afrikaanse grens, wat sowat 60km weg was, gehaas. Die groep het nooddienste ontbied toe hulle oor die grens in Limpopo is. Paramedici het Dobson dood verklaar.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.