SA man in Thailand vermoor

Oswald Heninrich Duvel. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaner Oswald Heinrich Duvel se liggaam is Sondag langs ʼn graf in Bangkok, Thailand gevind.

Thailand se Daily News berig dat Duvel se lyk Sondagoggend langs ‘n graf aan die voetheuwels van die provinsie Saraburi, noord van Bangkok, gevind is. Die polisie meen die graf was vir Duval gegrawe. Volgens die berig het die polisie reeds beslag gelê op ‘n voertuig wat vermoedelik aan die man se moord verbind word. Duvel is glo drie keer geskiet en het net sy horlosie en ‘n onderbroek aangehad toe sy lyk gevind is. Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Duvel se dood bevestig. Duvel het glo vermis geraak nadat hy sy huis in Bangkok verlaat het om vir sy driejarige seun by sy eksvrou se huis te gaan kuier.

Duvel se ouderdom is nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.