SA-man kan kinders vir eers hou

Justin Tutt en sy twee kinders

‘n Uitgewekene van Suid-Afrika het vyf dae voordat sy kinders na Suid-Afrika sou terugkeer, ‘n verhoor gewen wat grasie verleen om dié deportasie te verhoed.

“Ek sal alles in my mag doen om hulle te keer om terug te keer na Suid-Afrika,” het Justin Tutt, die pa, aan die Sunday Times gesê. “Hoekom moet hulle in pleegsorg opeindig as hulle ‘n pa het wat hulle liefhet en hulle wil grootmaak?”

Tutt, van Burnley in Lancashire, het die Britse immigrasie versoek om sy kinders toe te laat om, op humanitêre gronde, saam met hom in die Verenigde Koninkryk aan te bly. Sy vervreemde vrou, Deidré, wat aan depressie gely het, het agt maande gelede selfmoord gepleeg, en die kinders, onderskeidelik vyf en agt jaar oud, is gestuur om saam met hul grootouers aan moederskant te bly.

Volgens die Sunday Times het die Grensagentskap in die Verenigde Koninkryk gesê Tutt kan aansoek doen dat sy kinders onbepaald saam met hom in die land kan aanbly. Toe sy huwelik vyf jaar gelede verbrokkel het, het Tutt, met sy Britse paspoort, maar in Suid-Afrika gebore en hier grootgeword het, teruggetrek Engeland toe. “Daar was nooit enige ander opsie dat hulle toe by my sou kom bly nie. Ek was geskok toe ek uitvind dat my Britse paspoort hulle nie outomatiese toegang bied nie.” Volgens Tutt is strenger immigrasie-wetgewing verlede jaar ingestel. ‘n Prokureur help Tutt om nou vir ‘n skikkingsvisa aansoek te doen sodat sy kinders vir vyf jaar lank in Brittanje kan aanbly. Daarna kan die kinders vir Britse burgerskap aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.