ʼn Suid-Afrikaner is tot lewenslange tronkstraf gevonnis na ʼn Indonesiese hof hom Woensdag skuldig aan dwelmhandel bevind het.
Die 44-jarige Brett Theo Savage van Pietermartizburg, is verlede jaar in Indonesië hegtenis geneem na hy sowat 3kg se crystal meth in Bali wou insmokkel.
Volgens The Bali Daily het regter Igab Komang Wijaya Adhi in die hof aangevoer dat Savage deel was van ʼn internasionale sindikaat wat dwelms smokkel.