SA-man oor hotelrekening in Mosambiek-tronk

Albert Smith, ‘n Suid-Afrikaner, is al die afgelope drie maande in ‘n tronk in Mosambiek, aangesien hy nie sy hotelrekening kon betaal nie.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het gesê die departement kan Smith nie help nie, aangesien dit ‘n persoonlike skuldlas is, berig Beeld. “Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissie in Maputo kan nie inmeng nie, aangesien dit ‘n privaat regsaak tussen Smith en sy krediteur is,” het Kgwete gesê.

Smith kan slegs vrygelaat word wanneer sy rekening van R5 300 by die Fatima Hotel en Gastehuis in Inhambane, en ‘n R600 deportasiefooi betaal is. Hy word nie deur die polisie aangekla nie.

Smith se suster, Elize, het glo gesê sy familie sukkel om uit te vind wat hy verkeerd gedoen het en hoe hulle hom van Mosambiek af kan terugkry. Hulle weet ook nie hoe om die rekening te betaal en of dit in Mosambiek gedoen moet word nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.