SA man se moordsaak in VSA uitgestel

ʼn Suid-Afrikaanse man wat in Amerika verhoor word vir vier moorde se saak is tot Oktober uitgestel.

Muziwokuthula Madondo (34) se verhoor sou op 29 Julie begin het maar is tot 21 Oktober uitgestel. Madondo het onskuldig gepleit op die aanklagte dat hy Bobby Gonzales en sy seun Gabriel Baca vermoor het. Hy het die pa en seun glo in ʼn motel in Tucumcari, Nieu-Meksiko, doodgeskiet voor hy na Texas gevlug het waar hy in hegtenis geneem is. Madondo het glo erken dat hy Jacquelyn Hilder (60), vise-president van die plaaslike tak van FirstMerit-bank, in Februarie 2011 in haar huis in Ohio doodgeskiet het. Die liggaam van Zenzele Mdadane (25) is twee dae later sowat 300km verder in ʼn woud in Ohio gevind. Madondo het glo ook erken dat hy Mdadane vermoor het. Madondo is van Pietermaritzburg en het in 2008 na Amerika geëmigreer om teologie te studeer. Nieu-Meksiko het nie die doodstraf nie maar indien Madondo skuldig bevind word aan die moorde wat in Ohio gepleeg is, kan hy wel die doodstraf opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Sulke mense wat ander se lewens neem kan maar die doodstraf kry, geen simpatie met hulle nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.