SA man sterf in Aus-woestyn

Mauritz Pieterse. Foto: Facebook

Mauritz Pieterse (25) is Maandag in die Simpson-woestyn, in die suidweste van Queensland in Australië, weens hitte-uitputting en ontwatering dood.

Die Brisbane Times berig dat Pieterse, wat in Suid-Afrika gebore is, saam met ʼn kollega, Josh Hayes (30), ʼn watergat naby die Ethabuka-stasie gaan inspekteer het toe hulle bakkie vasgeval het. Na verskeie pogings om die bakkie uit die sand te kry, het die twee mans besluit om terug te stap na die stasie, sowat 16km ver. Volgens die berig was die temperatuur 45°C en het die paar vinnig ontwater. Toe die paar teen laataand nie teruggekeer het na die stasie nie is ʼn soekgeselskap uitgestuur om na hulle te soek. Pieterse se liggaam is onder ʼn boom sowat 10km van die stasie gevind. ‘n Erg ontwaterde Hayes is ‘n paar kilometer van Pieterse af gevind. Hy sterk tans aan in die hospitaal. Jani Pieterse, Mauritz se sussie, het aan die koerant gesê: “Ons gesin sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.