SA-man sterf tydens ekspedisie

Gough-eiland Foto: Panoramio.com

Gough-eiland Foto: Panoramio.com

Johannes Adriaan Hoffman, ʼn lid van die oorwinterspan, is Dinsdagoggend vroeg tydens sy tweede ekspedisie na Gough-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan oorlede.

“Die oorsaak van sy dood is tans onbekend en word ondersoek,” het Zolile Nqayi, woordvoerder van die departement van omgewingsake, gesê.

Hoffman het, met meer as 15 jaar ervaring, as ʼn elektroniese tegnikus aan die ontwikkeling en instandhouding van elektroniese en kommunikasiestelsels gewerk. Hy het al soortgelyke ekspedisies vir die departement in sy Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Program na Marioneiland en Antarktika-basis onderneem.

Nqayi het gesê die departement sal reëlings tref om sy liggaam van die eiland na Suid-Afrika terug te bring.

Traumaberadingsessies sal vir die oorblywende spanlede gereël word. “Sy familie is in kennis gestel van sy afsterwe. Die departement betoon sy medelye aan die Hoffman-familie, vriende en kollegas.” – SAPA

Klik hier vir meer inligting oor die ekspedisie.
Klik hier vir meer foto’s van ‘n vorige ekspedisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.