SA man vas in Israel na kroeggeveg

ʼn Suid-Afrikaanse man is in Tel Aviv, Israel, in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn soldaat, wat van diens af was, tydens ʼn kroeggeveg met ʼn gebreekte bottel gesteek het.

EWN berig dat Adam Michael Gringruz (20) het in Oktober 2011 van Johannesburg na Israel geïmmigreer. Gringuz en twee van vriende is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat hulle die soldaat glo in die nek gesteek het met ʼn gebreekte bottel. Die soldaat is steeds in die hospitaal. Gringuz voer aan dat hy uit selfverweer opgetree het. ʼn Polisiewoordvoerder, Micky Rosenfeld, sê drie verdagtes is in hegtenis geneem en twee is later vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.