SA-man vas ná gru-ongeluk in Zambië

Foto: Muvi TV Website

Abraham van Eeden (74) is Vrydag in Lusaka in Zambië in hegtenis geneem na ʼn gru-ongeluk waarin minstens 53 mense dood is.

Abraham het ʼn Toyota Land Cruiser bestuur en het glo ʼn bus probeer verbysteek toe hy gesien het daar is aankomende verkeer. Abraham, ʼn plaasbestuurder, het glo uit die pad probeer beweeg maar ʼn aankomende vragmotor teen die kant getref waarna die bestuurder van die vragmotor beheer verloor het en teen die bus gebots het. Elizabeth Kanjela, woordvoerder van die Zambiese polisie, sê Van Eeden word daarvan aangekla dat hy die dood van 53 mense veroorsaak het deur gevaarlik te bestuur. Dit is nog nie duidelik wanneer Van Eeden in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.