SA-man vrygelaat uit Soedan

Vier ontmyners, onder wie ʼn Suid-Afrikaner, wat verlede maand aan die Suid-Soedanse kant van die Heglig-olieveld gevange geneem is, is Sondag vrygelaat.

Die vier, onder wie Thabo Siavhe, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van Denel Mechem, is deur Soedanese soldate in hegtenis geneem nadat daar beweer is dat hulle die grens onwettig oorgesteek het en dat hul teenwoordigheid bewys dat die Suid-Soedanse regering militêre hulp van die buiteland teen die noorde gebruik. Siavhe, die Noor John Sörbö, ʼn Brit Chris Fielding en ʼn Suid-Soendanse voertuigbestuurder is gister vrygelaat na onderhandelings verlede week wat deur oudpresident Thabo Mbeki gelei is. Die vier mans was almal glo betrokke by ontmyning vir ’n projek van die Verenigde Nasies. Sörbö werk reeds sedert 2005 vir Norwegian People’s Aid in Suid-Soedan terwyl Fielding die VN se veldbestuurder vir ontmyning in die gebied is. Die noorde en suide is verlede jaar amptelik in twee onafhanklike state verdeel en is sedertdien haaks oor die eienaarskap van bepaalde olievelde en grensgebiede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.