Candice Swanepoel, ʼn Suid-Afrikaanse model, het die Forbes-tydskrif se lys van top 10-modelle gehaal.
Times Live berig Swanepoel se inkomste vir die jaar, wat gemeet is vanaf 1 Mei 2011, word op R26 miljoen beraam.
Die 23-jarige Victoria’s Secret-model is die jongste op dié lys, wat oor die naweek bekend gemaak is. Die Brasiliaanse model, Gisele Bundchen, beklee die topposisie met haar inkomste van nagenoeg R80 miljoen vir die jaar.