SA-ners spandeer R50 miljard aan veiligheid

Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het Dinsdag gesê Suid-Afrikaners spandeer tussen R40 en R50 miljard per jaar op privaatsekuriteitsdienste.

Die ISS het Dinsdag ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie in Kaapstad gelewer, berig EWN. Die privaatsekuriteitsbedryf het in 1999 sowat R10 miljard per jaar ingeoes. Gareth Newman, woordvoerder van die ISS, het gesê dié bedryf het intussen noemenswaardig toegeneem. “Na beraming word sowat R50 miljard per jaar aan privaat sekuriteit spandeer,” het Newman gesê. Dié bedrag sluit die staat se persoonlike sekuriteitsuitgawes in.

‘n Studie deur die privaatsekuriteitsbedryf se regulerende owerheid het bevind dat maatskappye sukkel om jaarlike ledegeld nie te verhoog nie, weens stygende petrol- en loonkostes. Volgens Newman is sowat 500 000 mense in dié bedryf werksaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.