0%-verhoging: Kry net die geld, sê Zuma

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Pres. Jacob Zuma het die minister van finansies en die minister van hoër onderwys opdrag gegee dat daar volgende jaar geen verhoging mag wees in klasgelde vir studente in 2017 nie.

Die City Press het berig Zuma het finansiesminister Pravin Gordhan en hoëronderwysminister Blade Nzimande aangesê om “die geld te vind” om die 0%-verhoging te akkommodeer.

Zuma se opdrag kom ondanks ʼn waarskuwing deur die tesourie dat die fiskus nie die las kan dra nie en Nzimande wat daarop aandring dat universiteite minstens ʼn 6%-verhoging in 2017 moet instel indien hulle “ineenstorting” wil verhoed.

Lees die volledige berig in die City Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

27 Kommentare

Mike ·

Daar is meer as 13 mijard uitstaande studente skuld v beurse deur d regering

Ander Koos ·

Wel , Zuma kan voorbeeld stel en daad by die woord voeg deur self ‘n skenking te maak en ook aan te kondig dat hy en sy kabinet 0% salaris verhoging in 2017 sal kry.

Will i am ·

Verkoop nkandla. Daar behoort darem so driehonderd en veertig en vyftien daar te kry

carol pieters ·

Ek stem saam met William, briljante plan. Verkoop Nkandla en kry vir Zuma ‘n goedkoper huis iewers. Hoe gaan ons die president “common sense” leer want selfs ek verstaan dat dit heeltemal onmoontlik is om nie klasgeld te hef nie en hoe gaan ons nog al die skade herstel wat daar aangerig is.

Johann Marx ·

7000 lewenslange gevangenis in die tronk vir 20 jaar teen R114/dag per person = R5 825 400 000,00 wat bestee word op individue wie se gedrag teenoor die gemeenskap so onaanvaarbaar is dat ons ons belasting bewillig om hulle uit die samelewing te hou. Tou en ‘n valdeur…kon daai geld aan kinders (wat potensiaal het) se studies spandeer word…Dis nie ‘n kwessie van “daar is nie geld nie”, dis ‘n kwessie van prioriteite! Ons regering kan nie weeskinders, pensioenarisse en studente help nie…..maar kan miljarde Rande aan skuim spandeer wat geen bydrae maak tot die samelewing nie?

Vos ·

Die R114 is seker net vir kos, wat van die programme wat hulle doen, al die ander uitgawes. Dit kos seker 3 x soveel in werklike uitgawes.

Estelle ·

Ek stem saam jou maar wil ook by se .kan net NIE dink Dis skuim. Weet jy hoeveel mense sit in n n tronk…….. En eientlik loop die skuldiges buite rond en slag nog steeds. Kyk hoe gaan dit wie het meer sake teen hulle as Zuma en kie. En kyk hoe lekker dit met hulle gaan. Ek is soooooo bly jy maak nie foute nie. Ek kom vir niemand op nie. Maar daar is mense wat foute maak dit maak hulle nie SKUIM dit maak hulle menslik…..as jy aan n kerk behoort reel n diens en gaan besoek n tronk luister na die getuinesse en Dan kom jy terug en kom oordeel. Meneer sonder foute. En wees daai een wat die tou om n onskuldige men’s se nek sit. Ons bly in S.A waar jy vandag n Regter kan betaal Dan swaai hy vinnig n vonnis om. Ek kommentaar op jou post wat eientlik oor skoolgeld gaan. En ewe skielik nou iemand in n tronk se sluld is. SIES MAN.

Vos ·

Geen nuwe straler, en siedaar!!! Maar ‘vry’ vir almal gebasseer op n gly skaal, n universiteit naby jou huis, ens. Hou die uitgawes so laag as moontlik, per student. Stel reels in, doen aanleg toetse om te verseker n tuinier ga swot nie dok nie ens. As die student pluk, stel hom vry van sy geleendheid en laat him/haar betaal.

rr ·

Dreig hulle hom, wonder ek. Geld groei nie aan bome nie. En belasting is alreeds erg op die burgers van hierdie korrupsie-land

Jordaan ·

Ja, in sy wêreld is geldbronne onuitputlik. Tipies van iemand wat nie werk vir sy geld of ‘n basiese begrip van ekonomie het nie.

Johann Marx ·

Jordaan, wat bedoel jy met “nie ‘n basiese begrip van ekonomie het nie”? Natuurlik het hy. Die regering het ‘n “munt”….die studente kort geld….kry ink en papier en druk net meer geld, en “voila”….problem solved!! Sy tjom Bob doen dit al vir jare so…..en gaan kyk maar self, daar loop ‘n land VOL multi-miljardêrs daar rond…hahaha

KarooKlong ·

Nou draai die ding om en byt vir zumpie en bladejie aan hulle se eie fondamente (Sondag taal).

Anti DA ·

Zuma gee nie ‘n Duit om vir die land en sy ekonomie nie hoe gouer hulle hom aankla en tronk toe stuur hoe beter vir almal

JWM ·

Watter persentasie van die studente is Suid-Afrikaanse Burgers?

Watdedrommel ·

Mooi man. Komende van ‘n man wat befaamd is vir sy vermoëns in die matesis. Volgende plan: dank sommer van die alreeds oorbelaste personeel af. Die akademikuste wat die hele lot moet deurkry op ‘n manier. Of nog beter, slaan hulle pimpel en pers vir nóg ‘n ekstra geakkrediteerde publikasie waarvoor die geldjies netjies in die maatjies se studieskuld moet ingaan. Bloed uit ‘n klip. Jy skop nie ‘n hond wat alreeds ontbind nie. Die Titanic het stadiger gesink as dit.

Popeye ·

Zuma se begrip van geld kry waar dit nie is nie speek boekdele! Wed julle in sy kop is dit ‘n kwessie van druk net meer note. Dis nou een van daai monsters wat hulle verwek het en daai monster gaan nog groot word en sy eie opvreet. Daar gaan egter ‘n prys vir die res van ons ook wees!

Marlo ·

Laat almal betaal vir hul studies en dan slegs die wat deurkom en graadvang n persentasie van hulle gelde terugkry… maklik.. dan is daar mos gratis of byna gratis onderwys… vir ALMAL….

Leon Coetzee ·

Dit wys jou dat Zuma nie veel van ‘n land se geldsake verstaan nie en verder sien hy nie dat hierdie sogenaamde studente nie veel vermag op kollege en universiteit nie. Hulle dop soos vliee.

Andrea ·

Maar hulle word ingedruk in studieprogramme ter wille van kwotas…

Joann ·

Johann Marx ek stem saam. En ek stem ook dat studente wat slaag afslag kry op hul studies. Maar dan moet hul nie soos dit nou gaan al amper pensioen ouderdom is voor hul slaag nie. Sommige Gr.12 leerders is al 20jr. Eish

Kaufman ·

Aan alle media mense, laat die massas duidelik die boodskap kry dat Z eerder die geld wil gebruik vir homself as om studente en universiteite te help. Eenvoudige boodskappe het sterkste trefkrag.

Oosie ·

Marlo het ‘n goeie plan want navorsing het bewys dat byna twee derdes studente nie hul studies voltooi nie (raai watter deel van die bevolking is die meeste?). Die President het sopas die doodsklokke gelui vir die tersiere bedryf en dit net om n.a.v. die ANC se 14 punt plan stemme terug te wen (sy eie woorde).

Magrette Louw ·

Kry net die geld waar, Jakoppie??????? Ek het nie meer nie!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.