1, 2 en 3 vir SA in swembad!

Tatjana Schoenmaker (silwer) en Lara van Niekerk (goud) het skitterend in die eindronde van die 200 m-borsslagitem geswem. Foto: Oli Scarff/AFP.

As ’n mens so na die Statebondspele in Birmingham kyk, dan is die toekoms van Suid-Afrikaanse swem ongetwyfeld in bekwame hande.

Lara van Niekerk het sopas die eindstryd van die 100 m-borsslagitem in ’n tyd van 1:05.47 gewen, terwyl Tatjana Schoenmaker (1:06.68) die silwermedalje ingeoes het.

Dit is die jong Van Niekerk se tweede goue medalje van die Spele nadat sy vroeër die 50 m-borsslagitem in ’n rekordtyd gewen het.

Schoenmaker was weliswaar die sterkste uit die wegpsringblok, maar haar jong spanmaat het met haar krag beïndruk en het uiteindelik net te veel skietgoed gehad.

Kaylene Corbett (1:07.62) was sewende in die einste item.

Dan het die opwindende Pieter Coetzé weer eens met ’n bobaas eindpoging vorendag gekom om die bronsmedalje in die 200 m-rugslagitem in te oes.

Hy het veral oor die laaste 50 m gewoeker om die resies in ’n tyd van 1:56.77 te voltooi.

Uitslae:

100 m-borsslag:

  1. Lara van Niekerk 1:05:47
  2. Tatjana Schoenmaker 1:06.68
  3. Chelsea Hodges 1:07.05
  4. Molly Renshaw 1:07.36
  5. Abbey Harkin 1:07.47
  6. Jenna Strauch 1:07.60
  7. Kaylene Corbett 1:07.62
  8. Kara Hanlon 1:08.67.

200 m-rugslag:

  1. Brodie Williams 1:56.40
  2. Bradley Woodward 1:56.41
  3. Pieter Coetzé 1:56.77
  4. Mitchell Larkin 1:56.91
  5. Luke Greenbank 1:56.98
  6. Joshua Edwards-Smith 1:57.50
  7. Craig McNally 1:58.65
  8. Jay Lelliott 2:01.64.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yolandie ·

Sjoe my bors swel van trots vir die pragtige dames wat ons land verteenwoordig. Baie geluk dames met julle prestasies , julle is goud werd. Mag julle van krag tot krag gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.