
Arcelormittal se aanleg in Vereeniging Foto: arcelormittalsa.com
Die land se grootste staalprodusent, ArcelorMittal, het Donderdag aangekondig dat hy oorweeg om sy Vereeniging-werke te sluit.
“Volgens bestuur sal die sluiting van die Vereeniging-staalwalsery nagenoeg 1 200 werknemers, insluitend kontrakteurs, affekteer,” het Marius Croucamp, hoof van die Kommunikasiebedryf by Solidariteit gesê. “Alhoewel die vakbond nog geen kennisgewing ontvang het nie, neem die vakbond reeds aktief deel aan konsultasiegesprekke met die staalprodusent.”
Volgens Croucamp sal die vakbond alles in sy vermoë sal doen om die impak van die moontlike afleggings op sy lede tot die minimum te beperk. Die vakbond hou vol dat werksekuriteit ten alle koste beskerm moet word. Solidariteit sal binnekort met die werkgewer vergader om alternatiewe tot afleggings te bespreek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Nou verstaan ek nie mooi nie. Volgens bronne het Solidariteit n verhoging van 6% vir die werker aanvaar, wat vasgestel us vir die volgende 2 jaar. sonder dat Cosatu daaroor ingelig is en die moontlike sluiting van die Vereeniging Mittal spruit uit
Ek glo dis nou wat aan die gebeur is wanneer die regering op ‘n kortsigtige manier nie die belange van sy plaaslike besighede beskerm maar eerder toespits op invoere. Die boemerang gaan een of ander tyd iemand in die bek slaan.
Die swakste regering in die wereld. Wil net China tevrede stel , gee nie n bloue duit om vir hulle eie mense nie . Tog gaan dieselfde mense weer Anc stem.!!
Fabriek wat eens 24000 wernemers gehad het ,(in goeie ou dae) is nou tot niet.
Vaaldriehoek word erg benadeel.