1 400 ‘zama-zamas’ reeds in Vrystaat vas

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 1 400 onwettige mynwerkers, of sogenaamde ‘zama-zamas’, is sedert Maart vanjaar in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, is 16 onwettige mynwerkers, wat 12 Zimbabwiërs en vier burgers van Lesotho insluit, Vrydag by Harmony se Elandskag in Welkom in hegtenis geneem.

Die 16 verdagtes sal Maandag in die Welkom-landdroshof verskyn. Volgens Thakeng is 1 405 onwettige mynwerkers sedert Maart vanjaar reeds in die provinsie in hegtenis geneem. “Daar is ook 60 geregtelike doodsondersoek-sake geopen nadat onwettige mynwerkers ondergronds dood is.”

Thakeng het gesê die meeste van die onwettige mynwerkers, wat reeds in hegtenis geneem is, is tot tussen drie maande en drie jaar tronkstraf of boetes van R1 500 tot R20 000 gevonnis. “Indien hulle nie die boetes kan bekostig nie, moet hulle tronkstraf uitdien en hulle kan moontlik gedeporteer word.”

Die 22 vermeende onwettige mynwerkers wat vroeër verlede week in hegtenis geneem is, sal intussen ook weer Maandag in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

booooooo ·

Stuur die gemors terug ons het hulle nie nodig in die land nie . Of gee hulle bly plek op nkantla

Hasie ·

Ek het nou so lekker gelag, Nkandla? Ideale plek vir die Zuma zamas, die staat moet in elk geval vir hulle sorg.

Rapes ·

Die ou skagte is blykbaar ‘n probleem so hoekom vul jul nie die skagte met die materiaal wat uit gedelf is nie. Miskien kan julle nie so ver dink nie of dis te veel moeite.

Jan maak n plan ·

Ek verstaan nou nie die regering so mooi nie. Hulle gooi hulle grense oop vir alherhande buitelanders. Van die mense kom en myn in ou myne. Nou wat is dit anders as wat die Chinese, Pakistanies, Nigieriës en andere hier doen. Hulle betaaal nie een sent belasting nie en is meestal verbonde met dwelms. Los nou maar die myners ook uit.

Frederik ·

Die skade, wat 1400 zama-zamas aan die land aandoen, is minder as die van een Zuma-Zuma.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.