1 500 poste by JMPD beskikbaar

Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is op soek na 1 500 mans en vroue om opleiding te ondergaan en, indien hulle die kursus suksesvol voltooi, staan hulle die kans om as metropolisiebeamptes aangestel te word.

“Ek is op soek na mans en vroue wat die hoogste sin van geregtigheid en integriteit het om by die JMPD aan te sluit om die inwoners van Johannesburg te beskerm en te dien,” het Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, Sondag gesê.

Die werwingsveldtog is die departement van openbare veiligheid se eerste stap onder die nuwe administrasie om sigbare polisiëring op te skerp en poste te skep vir mans en vroue wat óf werkloos is óf op soek is na ʼn betekenisvolle manier om ʼn bydrae te lewer tot die samelewing, het hy gesê.

“Met ʼn bykomende 1 500 beamptes wat in die stad ontplooi word, is ons seker dat sigbare polisiëring meer doeltreffend sal wees om misdaad te bekamp.”

Aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees wat in Johannesburg woon; tussen 18 en 35 jaar oud wees; oor ʼn geldige matrieksertifikaat beskik; vaardig wees in Engels; in besit wees van ʼn geldige kode B-rybewys (handrat); fisies en geestelik geskik wees; en oor die vermoë beskik om ʼn vooraf-fiksheidstoets af te lê; en geen misdaadrekord of burgerlike uitspraak hê wat betref bedrog of korrupsie nie; en bereid wees om ʼn vuurwapen te dra en diens te doen in ʼn uniform.

“Ons sien uit na die dapper mans en vroue wat op ons versoek gaan reageer en beamptes gaan word van ʼn elite wetstoepassingsagentskap in die stad,” het Sun bygevoeg.

Persone wat belangstel om aansoek te doen, kan meer besonderhede bekom by Luyanda Longwe, skakelbeampte van die kantoor van die burgemeesterskomiteelid van openbare veiligheid. Stuur ʼn e-pos aan [email protected] of skakel 082 875 6299. Sluitingsdatum vir aansoeke is 4 Mei 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Michael ·

Goeie nuus werk vir gekwalifiseerde jong persone en nie gebaseer op ‘n diskriminerende basis soos ras of nepotisme nie,burgemeester mashaba doen uitstekende werk.

Vryheid ·

Hopelik is daar nog sulke mense soos versoek en nie net desperate jong mense wat maar die werk sal vat omdat daar niks anders is nie

rox ·

Ag dink jul nou regtig die aanstellings is nie op BEE gebaseer nie??

Johann ·

Ek stel voor die huidige dames en here wat hul poste VOLsit, word onderwerp.aan dieselfde vereistes. Kan jou waarborg faar gaan baie meer as net die huidige 1500 poste beskikbaar word…net onder die afdeling “fiks”…whahahahah. Paar van hulle wat twee tot drie ppste opneem met hul “teenwoordigheid”.

Chappy ·

Dit is darem baie ekstra mense net vir Jhb. Weet hulle iets wat ons nie weet nie?

Johann Marx ·

‘n Hoofregter met jare ondervinding, bygestaan deur regsgeleerde kollegas, met al die tyd en bewyse voor hom….mag nie die doodstraf uitspreek nie. Die 1 500 “nuut opgeleide” MET VUURWAPENS op diens, kan in ‘n oogwink ‘n “beskuldigde” identifiseer, skuldig bevind, doodsvonnis uitspreek, en op die toneel teregstel….want die Minister moedig dit aan!!!

Junk status ·

Ons land is al junk status oor die regeering wat te veel mense is en hulle wil nou nog so baie werk gee , een van die dae werk almal vir die staat , ek wonder dan wie gaan werk om belasting te betaal .

Kay ·

hoop van harte dit werk uit vir die wat kwalifiseer vir die werk ..hoop hulle sorteer dan ook die wat so omkoopgeld vra en die wat openlik net met die blankes skoorsoek ook uit . as n blanke wil ek nie op die paaie wees nie. Net nou trek hulle my af omdat ek blank is en slaan my of iets dergliks ..hoop nie dis wat hulle hulle wil leer nie . Is 2 x in my omgewing af getrek geen rede nie ..net omdat hulle kan en gedreig ..en 40 min later laat gaan toe hulle sien ek gaan nie vir hulle geld gee vir iets om te drink nie . Hier by ons in pta noord hang hulle in die woonbuurte rond en is nie op die groot paaie nie .. die maloto pad is daagliks chaos maar hulle staan in breedstr…maak glad nie sin nie

Michael ·

Kay mense doen aan jou wat jy hulle toelaat het jy die saak rapporteer??.Die hoof van die Metro is verlede week gevra om te bedank oor sy houding van maak wat hy wil.Die publiek kan ‘n skriftelike klagte le as hulle voel hulle is onregverdig behandel maar raai wat net ‘n klein minderheid doen dit ooit.

anton ·

Kay wat jy sê is lankal aan die orde van die dag en nie eers meer snaaks nie. Hoe hulle kwansuis wetstoepassing doen is n GROOT grap.
Hulle dink om mense sommer net af te trek vir niks werkliks nie, is hom hulle werk goed te doen.
Ek sien die nuutste is om by die ”Malls” se parkeer areas rond te loop en kaartjies te skryf vir motor lisensies wat verval het en dit terwyl sommige bestuurders op die paaie die reels links en regs oortree.
Wetstoepassing in die land het lankal n grap geword. Dit bestaan nie en dit wat wel gedoen word is net n geldmaak storie en vir persoonlike verryking.

Leendert ·

Maroela, ek rig hierdie graag aan julle en Herman Toerien, julle kan gerus die laaste atrikel van Hellen Zille lees wat sy te sê het oor kolonialisme, wat nou ook op Netwerk24 en die Citizen geplaas is. As julle vir ons dit ook kan plaas en ‘n oponiestuk daaroor kan skryf, dit ontleed, sal ons dit waardeer. Dit is die kruks van die na 1994 jeug se denke teen wittes, wat vir die nie-vooruitgang van die swartes geblameer word. Hulle vee debat onder die mat en leef in ontkenning teenoor minderhede.

Gys ·

Die werk geleentheid sal weer gebaseer word op BEE soos altyd.

Frans du Toit ·

Korrupsie sal seker as ‘n nagraadse vak bygevoeg word..

Sputnik ·

Almal wat bespiegel, lees net die sin bo “Closing Date” en julle sal verstaan. Weet enigeen van witmense in dié diens?

SARIE VAN HEERDEN ·

Skielik het ons gelees van die duisende nuwe rekrute wat gesoek word vir die polisie. Hoeveel van hulle sal wit wees of tel wit nou nie hier nie. Word daar nouweer ‘n klomp halfopgeleide “polisie” onder ons losgelaat om met ‘n univorm aan wat hul gesag gee? Daai uniform is die ding. Hier kom chaos en ons wetsgehoorsames behoort lig te loop.

Se net ·

Ongelukkig is die aanstellings nie vir wit mense nie. Ek weet van 6 seuns wat 2016 matriek geskryf het, wat aan al die genoemde vereistes voldoen. Hulle het aansoek gedoen en is afgekeur, want hulle is “ongelukkig” wit.

JK ·

Hoekom het hulle omtrent 8 maande gelede wit werker afbetaal? Hoeveel poste is nou beskikbaar en hoeveel wit werkers gaan kwalifiseer???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.