
Argieffoto
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat 1 700 werknemers van Exxaro-myn moontlik hul werk kwyt is weens die regering se alewige politiekery met die Gupta-familie.
Dit volg nadat Eskom, na ’n 40-jaar lange verhouding, nie sy kontrak met Exxaro-myn einde laasjaar hernu het nie. Dit blyk te wees dat dié kontrak, om steenkool aan Eskom se Arnot-kragstasie te verskaf, nou aan die Guptas se pas verkreë myn, Optimum, gegee sal word.
“Dit is jammer dat die regering bereid is om soveel mense se inkomste in die gedrang te stel om sy bande met die Gupta-familie te versterk,” het Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Energie by Solidariteit gesê. “Verder is dit ook uiters jammer dat daar vroeër aan vakbonde gesê is dat Arnot-kragsentrale geen verbintenis met die Guptas het nie.”
Volgens Reyneke is dit boonop ook vanweë die regering se gesloer dat Exxaro nie die nodige mynlisensie ontvang het om verdere steenkool te ontgin nie. “Die regering het vir twee jaar lank gesloer om ’n mynlisensie aan Exxaro toe te ken – wat dan teen ’n baie goedkoper prys steenkool aan Eskom kon verskaf. Vakbonde is nou in ’n proses gewikkel met Exxaro-bestuur om soveel moontlik geaffekteerde werkers wat hul werk gaan verloor weens die sluiting van die myn by te staan.” het hy bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Die Guptas en sy “cronies” is besig om hierdie land en sy mense soos vampiere droog te suig.
#Guptas must go
Die slingse wys waarop ons president sy mense uit verkoop, letterlik, maak van die “bevrydings stryd” bespotting. Dis hoekom die ANC slegs apartheid en rassisme kan aanbied aan sy kiesers. Preston Zuma jou optrede is n skande….
Ek sien groot moeilikheid aan die kom – as dit maar al was – swart werkers moet die Guptas teiken en druk plaas op alle filiale waar verwante Gupta maatskapye aandele of eienaars is. Dit moet verkondig word en die bree massas moet mobiliseer – ek dink die popo gaan die “fan” hier “strike”.
Wat kan verwag word van ‘n land met sulke stemgeregtigdes!!! In geen kontinent ter wêreld behalwe Afrika kry mens sulke dwaasheid onder kiesers nie!!! Neem nou maar Zim as voorbeeld, die land se mense sterf vsn honger, moet na ander lande vir werk en heenkome, maar raai , as die verkiesings kom dan word daar net ‘n pakkie kos uitgedeel en dan stem almal maar weer vir dieselfde onderdrukkers!! Moet mens simpatie hê? Nee ek dink mens moet vlug!!! Want as kind het ek geleer aan jou vriende sal jy geken word, maar nou wonder ek as ek die kring… Lees meer »
Die Guptas regeer hierdie land. Dit is ‘n absoluute korrupte verhouding wat die spul met hulle ANC trawante het. Iets sal gedoen moet word en dalk moet die werkers maar in die geval die leiding neem. Geen wonder dat Nommer Een klou aan sy pos vir al wat dit werd is nie. Tipies Afrika