1 700 glo hul werk kwyt weens politiekery met Guptas

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat 1 700 werknemers van Exxaro-myn moontlik hul werk kwyt is weens die regering se alewige politiekery met die Gupta-familie.

Dit volg nadat Eskom, na ’n 40-jaar lange verhouding, nie sy kontrak met Exxaro-myn einde laasjaar hernu het nie. Dit blyk te wees dat dié kontrak, om steenkool aan Eskom se Arnot-kragstasie te verskaf, nou aan die Guptas se pas verkreë myn, Optimum, gegee sal word.

“Dit is jammer dat die regering bereid is om soveel mense se inkomste in die gedrang te stel om sy bande met die Gupta-familie te versterk,” het Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Energie by Solidariteit gesê. “Verder is dit ook uiters jammer dat daar vroeër aan vakbonde gesê is dat Arnot-kragsentrale geen verbintenis met die Guptas het nie.”

Volgens Reyneke is dit boonop ook vanweë die regering se gesloer dat Exxaro nie die nodige mynlisensie ontvang het om verdere steenkool te ontgin nie. “Die regering het vir twee jaar lank gesloer om ’n mynlisensie aan Exxaro toe te ken – wat dan teen ’n baie goedkoper prys steenkool aan Eskom kon verskaf. Vakbonde is nou in ’n proses gewikkel met Exxaro-bestuur om soveel moontlik geaffekteerde werkers wat hul werk gaan verloor weens die sluiting van die myn by te staan.” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Theo ·

Die Guptas en sy “cronies” is besig om hierdie land en sy mense soos vampiere droog te suig.
#Guptas must go

Bertie ·

Die slingse wys waarop ons president sy mense uit verkoop, letterlik, maak van die “bevrydings stryd” bespotting. Dis hoekom die ANC slegs apartheid en rassisme kan aanbied aan sy kiesers. Preston Zuma jou optrede is n skande….

Frans Pieterse ·

Ek sien groot moeilikheid aan die kom – as dit maar al was – swart werkers moet die Guptas teiken en druk plaas op alle filiale waar verwante Gupta maatskapye aandele of eienaars is. Dit moet verkondig word en die bree massas moet mobiliseer – ek dink die popo gaan die “fan” hier “strike”.

Andrea van Vuren ·

Op die ou einde stem die volk maar weer vir Zuma. Dis verby met ons!

Gideon ·

Wat kan verwag word van ‘n land met sulke stemgeregtigdes!!! In geen kontinent ter wêreld behalwe Afrika kry mens sulke dwaasheid onder kiesers nie!!! Neem nou maar Zim as voorbeeld, die land se mense sterf vsn honger, moet na ander lande vir werk en heenkome, maar raai , as die verkiesings kom dan word daar net ‘n pakkie kos uitgedeel en dan stem almal maar weer vir dieselfde onderdrukkers!! Moet mens simpatie hê? Nee ek dink mens moet vlug!!! Want as kind het ek geleer aan jou vriende sal jy geken word, maar nou wonder ek as ek die kring effens wyer trek!! Sal ek nie ook aan my mede land(bewoners) ook beoordeel word nie!!

Ouman ·

Die Guptas regeer hierdie land. Dit is ‘n absoluute korrupte verhouding wat die spul met hulle ANC trawante het. Iets sal gedoen moet word en dalk moet die werkers maar in die geval die leiding neem. Geen wonder dat Nommer Een klou aan sy pos vir al wat dit werd is nie. Tipies Afrika

tamboti ·

Gideon, soos die Woord verwys na die slaaf wat koning word, nooit kan ‘n demokrasie onder sulke omstandighede slaag nie – wat nog van sukses behaal! Stemme word op grond van geskiedkundige sentiment instede van gesonde verstand gemaak en die meerderheid dink hulle is altyd reg,
Maar ongelukkig is die teendeel waar, individue en kelin groepies: soos die Guptas en Zuma’s swaai die septer en maak of die meerderheid wen. Hul bly steeds slawe van die heerser. Viva

Berhalet Beukes ·

Gee hulle genoeg tou om hulself te hang… Hier kom ‘n ding… Zuma verkoop sy eie mense uit… Om ‘n Gupta die voordeel te gee? Nou ja, wat meer kan ‘n mens nou sê?

Olga Joubert ·

Lees ‘n bietjie die daily sun. Die arme wit mense word vir alles beskuldig. Terwyl di regerings amptenare alles steel.

Loon ·

Weet hierdie mense wat hulle werk verloor het hoekom het dit gebeur?
Ek hoop hulle word goed ingelig dat hul president die oorsaak is, daai hoogs geleerde man wat ons land moet bestuur, dieselfde een waarvoor hulle aanmekaar stem.
Nog n myn in buitelandse besit, bewys net weereens hierdie lot wat aan bewind is kan nie selfonderhoudend wees nie.

m ·

Net meer moor en roof om te oorleef. Apartheid sal beslis weer hier ingebring word as die skuldige.

alida ·

Ek hoop Mnr Maimane gaan spreek daardie arme mense toe wat hulle werk verloor. Hy moet dit duidelik stel dat die Jacob Zuma en sy vriende se skuld is. Hoe op aarde kom JZ weg met alles. Dit lyk egter of sy uurglas besig is om uit te loop en hy lyk ook nie waffers gesond nie. Mens het baie respek vir Maimane. Hy is ‘n gentleman en gedra hom soos een en nie ‘n nar wat alles aflag en soos ‘n zombie begin dans op die verhoog nie. Sy danspassies en gegiggel beindruk niemand nie.

jaco ·

Daars hoeveel gevalle waar daar teen Indiërs in SA gediskrimineer word omdat hulle nie swart genoeg is nie. Maar die Guptas is Indiërs. Vreemd…

jaco ·

‘N paar Indiërs word uit hierdie myntransaksie bevoordeel terwyl 1700 Swart mynwerkers by ‘n ander myn werkloos raak. Ek verstaan die ANC se rassisme teen blankes, maar hoe word hierdie slegte behandeling van swart werkers geregverdig?

ria ·

Ja dit baie erg. Op die klein plekkie Arnot is skaars werk vir die inwoners. Hulle moet kilometers ry net om n werk te kan he. Exxxaro was n inkomste vir baie mense en van daardie mense het nuwe klein babatjies wat in die wereld gekom het wie gaan na die mense omsien. Ons land is besig om totaal en al dit te verloor. Ons regering wat almal moet beskerm veroorsaak net meer arm moede en hartseer. Wanneer sal dit stop!!!!!!! Iemand moet HELP!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.