1 747 plaasmoorde sedert 1990 in SA

Ernst Roets by die bekendstelling. Foto: Reint Dykema.

Ernst Roets by die bekendstelling. Foto: Reint Dykema.

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het Donderdag in Centurion die statistieke bekend gemaak vir plaasmoorde en -aanvalle wat gedurende die eerste helfte van 2015 plaasgevind het en ook nuwe projekte, planne en groot aksies vir die prioritisering van plaasmoorde aangekondig.

Statistieke dui aan 1747 plaasmoorde en 3542 plaasaanvalle het tussen 1990 en middel 2015 plaasgevind. Uit die vermoorde slagoffers was 1133 plaasboere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 besoekers. In 2015 alleen was daar teen einde Junie reeds 27 moorde en 116 aanvalle.

Genl. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, het verduidelik dat hoewel Gauteng tot onlangs die provinsie was waarin dié misdrywe die meeste plaasgevind het, Limpopo nou in die eerste plek staan. Limpopo word gevolg deur KwaZulu-Natal, Gauteng, Vrystaat, Oos-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Kaap en dan die Wes-Kaap.

Van Zyl het ook gesê dat plaasaanvalle nie net meer verspreid voorkom nie, maar ook meer brutaal en in meeste gevalle noodlottig is.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die feit dat die regering weier om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar, is die grofste vorm van diskriminasie denkbaar.

Roets het vier redes gegee waarom plaasmoorde uniek is en geprioritiseer moet word:

  1. Frekwensie van aanvalle.
  2. Brutaliteit van aanvalle.
  3. Rol wat boere in die samelewing speel, naamlik werkgewers en voedselverskaffers.
  4. Ligging van plase waarop aanvalle en moorde plaasvind.

Albei organisasies het ook die belangrikheid van internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering beklemtoon. Ernst Roets en Lorraine Claasen, kriminoloog en navorser by AfriForum, vertrek môre na Perth in Australië om die World Society of Victimology-kongres toe te spreek.

“Ons hoop om internasionale bewusmaking oor plaasaanvalle op die platform te kry. Dit is belangrik dat die buitewêreld ook kennis neem van die omvang van plaasmoorde en -aanvalle,” het Claasen gesê.

“Ons kan deel van die oplossing wees, maar dan het ons die ondersteuning van die regering nodig. Tot dan sal ons internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering moet toepas. Hulle moet tot daadwerklike aksie geforseer word,” het Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, gesê.

TLU SA, wat ook sedert 2012 buitelandse platforms gebruik vir die bewusmaking van plaasmoorde en –aanvalle, beplan onder meer vanjaar plaaswagte binne boereverenigingverband wat gebeurlikheidsbeplanning en opleiding insluit, asook die uitbreiding van lug- en spoorsnyvermoë.

Ander aksies van AfriForum sluit die uitbreiding van buurtwagte en die bemagtiging van die gemeenskap in. Beide organisasies sal voortgaan om druk op verskeie maniere op die regering toe te pas om plaasmoorde en –aanvalle te prioritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ELSABE ·

PLANNE OF PLANNE GAAN DIT UITGEVOER WORD??????????????????????

Nicolise ·

Die mense wat altyd so kritiseer en baie te sê het moet hulle self begin die vraag af vra: WAT HET JY GEDOEN OM TE HELP? Sterkte aan Afriforum. Ek weet dit is ‘n baie moeilike saak wat hulle aanpak. As ons ophou afkraak en baklei en begin saamstaan en bid sal ons ‘n verskil kan maak.

volksmoord ·

Eks dankbaar vi AfriForum vir wat hulle doen,maar as hierdie regering van ons hulle nie eers aan die grondwet steur nie. Dink jy hulle gaan hulle steur aan AfriForum?

Op die stadium is dit die enigste manier vir ons volk om te probeer oorleef deur midddel van sulke organisasies. Die tyd het gekom dat ons n OOG vir n OOG en TAND vir n TAND begin vat

cattellion jeannine ·

maak die saak van al die plaasmoorde bekend aan die europese unie miskien kom daar ‘n oplossing voor .
baie medeleve met al die mense die al op hulle plaase vermoor is en ook aan al die families van die slagoffers. dit kan so nie verder gaan dit MOET opgelos word

neelsie ·

Dankie aan Afriforum enTLU.
Van die belangrikste platforms waarin die Afrikaner sy saak kan stel. Hou so aan . Goeie werk.

Marnus Coetzee ·

Ja, Ernst, net jammer plaasmoorde is net “gewone misdaad”, omdat ‘n klein persentasie swartes ook vermoor is, anders het julle dalk ‘n saak gehad.

Ernst Roets ·

Hallo Marnus. Ek sien jy sit jou stelling nogal in aanhalingstekens. Ek wil jou vra om nie jou ore so uit te leen aan samesweringsteorieë nie. Wat jy hier so in aanhalingstekens sit is nog nooit deur myself, of enige verteenwoordiger van AfriForum gesê nie. Om die waarheid te sê, dit wat jy hier aan AfriForum toedig is presies die teenoogestelde as AfriForum se standpunt.

Johannes Meintjes ·

Intussen MOET ons beter organiseer, funksioneer en kommunikeer op grondvlak. Dit sukkel werklik om meer volhoubare en meer gespesialiseerde burgerlike beskermings en kommandostrukture te bewerkstellig. Ander in en om of buite SA sal nie plaasmoorde ernstig opneem as ons dit nie self baie meer ernstig en baie meer effektief opneem nie.

Winston ·

Terwyl ons kwesbaar is sit baie van ons en doen absoluut niks, behalwe oooo en aaaa. Hier waar ek woonagtig is, is baie boere bang om te sê hy ry dorp toe, want dan moet hy iets saamvat of saambring. Daar moet skakels tussen al die boere van n omgewing wees, elke dag en nie net wanneer dit skielik nodig is nie. Ons het radios en selfone maar niemand hou roll calls nie. Ons sal moet begin sien waar is ons achilles hak. Die regering is afwesig. En hierdie dinge is aan al die kriminele elemente bekend. Moenie dink hulle hou nie die boere dop nie. Pateties

V ·

Ja wel die ANC en EFF sit agter alles.Swart brulpadda Zuma en sy trawante smile breed vir elke moord,roof en verkragting.

revenge is sweet ·

Elke maand moun julle en elke jaar moun julle en niks gebeur nie ????????????? dit hou net aan en aan en aan . DOEN IETS OMTRENT DIT .

Ag regtig! ·

“revenge is sweet”: Hoekom moun jy so? Doen dan iets daaraan! Ja jy…Daars altyd iemand anders wat dit mos moet doen. Lei jy ons bietjie, generaal! T-t-t. Pateties! Afriforum doen baie meer as wat jy ooit sal kan vermag. Hou op moun en spring op die wa!

Christie Joubert ·

Dankie Afriforum. Doet so voort! Ek kan egter nie help om te dink dat daardie einste buiteland wat nou moet druk toepas om plaasmoorde te prioritiseer, ook die buiteland was wat druk toegepas het om ons onder die huidige bewind te sit. Ons is maar net weereens uitverkoop. Maar ons boere, koppig of te not, sal wel terug baklei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.