1 dood, 1 beseer toe hulle LUR wil beroof

Argieffoto: https://pixabay.com

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) het die ondersoek van ’n voorval van gewapende roof en skietery oorgeneem waarby Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir sosiale ontwikkeling, betrokke was.

Die voorval het Saterdagoggend in Nyanga in Kaapstad plaasgevind.

“Een verdagte is doodgeskiet en een is gewond tydens die aanval. ‘n Omstander is ook gewond tydens die poging tot gewapende roof van die LUR,” het die polisie laat hoor.

Fritz was glo in ‘n motor besig om met sy woordvoerder te praat toe twee verdagtes hulle genader het en gepoog het om hulle van hul selfone te beroof.

’n Rower het een van Fritz se lyfwagte probeer skiet, maar sy vuurwapen het probleme gegee. Die lyfwag het glo sy selfoon op die grond gegooi om die rower se aandag af te trek en het toe sy eie  wapen uitgeruk en losgebrand.

Fritz het aan eNCA gesê die twee verdagtes het rustig oor die straat aangestap gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tiger ·

Nie terroriste nie maar ”gewone” mense van ons land.Bly een is nie meer ‘n gewone mens nie!

popeye ·

As ons gewone mense, LUR’e. Kaal gesteel is hoop ek die boewe slaan toe op die adjunk ministers en ministers deur bloulig brigades te “hijack” die fonds daar is BMW’s! As hulle dan klaar is met ons en hulle han hulle dalkies kans sien vir Zuma se 14-motor kavelkade!

Danie Koch ·

Wil net graag weet wwarom die persoon lyfwag wat uit selfverdediging opgetree en geskiet en gedood het nie in hegtenis geneem was nie. Dit is mos hoe diesulkes deesdae hanteer word of is dit net van toepassing op gewone mense

Christo ·

Ek sal ook graag wil weet of die lyfwag gearresteer is en ‘n saak van moord / poging tot moord aanhangig gemaak is. As ek die TV insetsel op SABC2 se nuuskanaal bekyk het is daar ten minste 17 patroondoppies aangedui met die geel tekentjies. Ek en ander gewone burgers mag nie skiet as die verdagte nie meer my lewe bedreig soos bv. om van die toneel te vlug nie. Engelse uitdrukking w: “Some animals are more equal than others”. Ek verwys of vergelyk nie die betrokke persone in die saak met diere nie, Die uitdrukking beteken net dat sekere mense anders hanteer word bv. a.g.v. hulle stand in die samelewing.
Ons plebs is mos maar aangewese op ons eie. As dit Jan alleman was, was hy nog vanoggend in die aanhoudingselle by die betrokke polisiestasie.

helen ·

Ek wonder maar net of die wag ook vir moord aan gekla gaan word soos die drankwinkel en boer laas week?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.