1 dood, 16 beseer in botsing

Die toneel. (Foto: ER24)

’n Vrou is Vrydag dood en 16 ander mense beseer tydens ’n botsing tussen ’n bus en ʼn vragmotor op die R81-pad tussen Polokwane en Tzaneen in Limpopo.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, is nooddienste omstreeks 10:30 na die toneel ontbied waar ʼn groot vragmotor by hul aankoms op sy sy in een van die bane gelê het.

Die toneel. (Foto: ER24)

Die vragmotor se vrag van honderde drankbottels het gebreek en verstrooid oor die toneel gelê, vertel Meiring. Die tweede voertuig, ’n bus, het ʼn ent verder ook op sy sy gelê.

Paramedici het die liggaam van ’n vrou buite die bus gevind. Die vrou het egter reeds aan haar beserings beswyk en sy is op die toneel dood verklaar.

Volgens Meiring is 16 mense op die toneel behandel vir beserings wat gewissel het van gering tot ernstig. Al die beseerdes is op die toneel gestabiliseer waarna hulle vir verdere behandeling na staatshospitale in die omgewing geneem is.

Meiring sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede was wel op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Neville Fourie ·

Wil net noem dat die woord “verstrooid” oor die toneel is nie, dink ek, taalkundig reg nie. Dit moet wees: “gestrooi” oor die toneel. Vertrooid beteken iets heeltemal anders. Help my reg as ek verkeerd is dalk.

Jan pierewiet ·

Die gebreekte bier bottels is verstrooid op die toneel gevind. Daar was niks vir die publiek om weg te dra nie. (Smile)

Oningeligte ·

Wonder ek toe nou, of die bottels nie dalk met vertrektyd nog vol was, maar ten tye van die voorval dalk reeds stelselmatig geledig was nie?? Wonder maar net??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.