1 dood, 17 beseer in trompop botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: ER24)

ʼn Man is dood en 17 ander mense, onder wie kinders, is Maandagoggend beseer in ʼn trompop botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn bakkie in Imbali in KwaZulu-Natal.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is nooddienste kort voor 08:00 na die toneel op die France-hoofweg ontbied waar hulle albei voertuie in die middel van die pad aangetref het. Verskeie kinders het verspreid op die toneel gelê.

Die man, vermoedelik in sy 40’s, was in die passasiersitplek van die bakkie se wrak vasgekeer. Die man het reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

Sewentien ander pasiënte, onder wie kinders tussen die ouderdomme van sewe en 18 jaar oud, is op die toneel behandel vir ligte tot matige beserings, het Meiring gesê.

Dié pasiënte is na hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die toepaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marinda ·

17 Beseer met ‘n botsing tussen ‘n trok en ‘n bakkie. So dit wil sê al 17 daai kinders was agter op die bakkie op ‘n hoofweg. Waar is die Metro Polisie?

barend ·

en bakkies met karavane ,wat weegbrug toe moet gaan ,het my vir 3 ure terug gehou met rondslop

Asjas ·

Waar kom al die kinders vandaan? Sover ek weet is passasiers agter op bakkies teen die wet?
Maar wat weet ek dan nou? Seker weer verkeerd gehoor … maar “common sense” kon ook gebruik word as die wet nie vir jou werk nie.

Siener ·

Ek is self nie seker nie maar wat ek wel weet dis R400 boete vir ‘n persoon agter binne-in ‘n Cab &Half. Dit wil voorkom of sekere mense beboet word en sekeres kan doen wat hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.