1 dood, 2 beseer in JHB-brand

Argieffoto

Argieffoto

Een man is dood en twee ander beseer toe ʼn brand Saterdagaand by ʼn gebou in Johannesburg se middestad uitgebreek het.

“Die man het vermoedelik weens rookinaseming gesterf,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê. “Hy het in die gebou gesterf.”

Die gebou is op die hoek van Loveday- en De Villiersstraat geleë.

Die beseerde mense is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is. “Een het gebrand en een is beseer toe hy uit die gebou gehardloop het,” het Mulaudzi bygevoeg.

Hy doen ʼn beroep op gemeenskappe in die stad om seker te maak hul verhitting- en elektriese toestelle werk behoorlik en dat dit nie ʼn brandgevaar inhou nie.

Vyf winkels tussen Bree- en Mooistraat is Maandag beskadig toe ʼn brand uitgebreek het.

Vier winkels het Woensdag in ʼn gebou op die hoek van Eloff- en Pleinstraat gebrand. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.