1 dood, 2 beseer toe gesin begrafnisonderneming besoek

Foto: Pixabay

Een persoon is dood en twee ander beseer toe ʼn gesin Woensdagmiddag ʼn begrafnisonderneming in Soweto in Gauteng besoek het.

Kapt. Mpande Khoza, woordvoerder van die polisie, sê die gesin het glo die onderneming besoek om die begrafniskoste van ʼn oorlede familielid te betaal toe hulle deur vier verdagtes oorrompel is.

Een man is glo op die toneel dood terwyl ʼn ander man en ʼn vrou in ʼn bedenklike toestand is nadat die verdagtes hulle geskiet het. Beide beseerdes is na ʼn hospitaal gehaas.

“Die gesin van Diepkloof in Soweto het na die Jabulani-winkelsentrum gegaan om geld te onttrek vir die begrafniskoste van hul familielid wat Saterdag begrawe moes word. Toe hulle by die begrafnisonderneming aankom, is hulle oorval deur vier verdagtes wat die geld by hulle geëis het,” het Khoza gesê.

Volgens Khoza is die een man doodgeskiet omdat hy die vrou wou beskerm wat in besit van die kontant was.

Hy het ook lede van die publiek gewaarsku om te waak daarteen om kontant aan hulle te dra.

“Ons wil ʼn beroep doen op die gemeenskap om groot bedrae kontant liefs te vermy. As jy iemand moet betaal, betaal dit liewer oor sonder om kontant by jou te hê. Kriminele hou ’n mens dop, en hulle weet wanneer hulle kan toeslaan as daar groot bedrae geld betrokke is.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andre van der bank. ·

Dit is so moeilik om wat in Suid-Afrika tans gebeur te verwerk. Ek meen, vir my n Amerikaanse burger wat 25 jaar gelede verhuis het, maar steeds die belange van julle omhels, hoe beskryf ek dit aan my mede Amerikaners. n Klas misdaad waarvan ek, nog enige Westerse land nog van gehoor het, soos die. Julle burgers word nie net besteel, vermoor, verkrag nie, maar word gemartel met ysters, messe, kookwater en olie. Iets wat die Wereld nog nie van gehoor, of ooit sal verstaan nie. Dit sluit my in.

Andre ·

Sal goed wees as oorsese mense wakker word en sien wat werklik in Suid Afrika tans gebeur
Daar is geen bystand van Oorsee vir Suid Afrikaners wat hierdie hel moet deurmaak nie. Dit is eintlik hartseer .

Karel ·

Ja André jy is heeltemal korrek met jou stelling. Die westerse wêreld sal nooit die Afrika mentaliteit begryp of verstaan nie. Dank aan die Vader, my dogter en haar familie se Visums is gister goedgekeur en hulle verhuis na die VSA.

tanya ·

En hoe het hulle geweet dat die mense kontant gehad het! Dis altyd orals ‘n “inside” storie.

fm ·

Andre ek is ook ontsettend danbaar dat die meeste van my familie en vriende nou veilg is in ander lande wat ontwikkeld en beskaafd is. Die laastes het 6 maande gelede in Finland gearriveer. Ek is maar seker maar een van die oorblywende “sitting ducks” wat wag vir die onvermydelike om te gebeur. Hierdie land is grotendeels erg ontwikkeld en dit gaan dekades of selfs eeue neem om ontwikkeld te raak. In KZN eet die mense selfs mekaar!

Morne Roux ·

I still can’t understand how people can still carry cash and not think of the consequences.
It’s the 21st century.
You can pay a bloke in a country 10 000 miles away using your phone, but can’t do the same to a local business?
I understand the convenience of cash, and the fact that paying in cash could give yo discounts, but is it really worth the price of possibly being robbed and murdered for it?
I never, and I mean never carry more than R30 in my wallet, all in R5’s for car guards, that’s it.
If they ever rob me that would be there spoils, that and platic cards which they require the pin for.

Karma ·

@Morne Roux – perhaps you do not carry a lot of cash around in your wallet, but you do carry your bank cards, credit cards etc. around. These days they take the cards and you to the nearest ATM and forces you to give the correct PIN; if you don’t – you get beaten and burned/mistreated. Best solution is not to have bank cards at all and do all other business via EFT. Or to limit the daily bank cash withdrawal to R500.00 and to have your bank’s app on a separate cellphone from where you can block your bank cards immediately if your bank cards are stolen or lost. Oh, and do not forget to up your insurance for theft like this.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.