1 dood, 2 beseer toe motors trompop bots

Foto: Verskaf.

Een man is dood en twee mense beseer toe die motors waarin hulle gereis het reg van voor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Saterdag omstreeks 22:00 in Weilbachstraat in Meyerton plaasgevind.

Die voertuie is in die middel van die pad aangetref.

“Toe die paramedici by die toneel opdaag, het die polisie reeds die pad begin afsper. Paramedici het die liggaam van ʼn man, vermoedelik 47 jaar oud, in die bestuurdersitplek van een van die motors aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring is twee ander persone in die tweede voertuig aangetref. Albei was matig beseer.

Die beseerdes is na die Kopanong- provinsiale hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.