1 dood, 2 kritiek beseer tydens gru-ongeluk

Die gru-toneel. (Foto: Verskaf)

Een persoon is dood en twee ander enstig beseer in ʼn motorongeluk tussen ʼn vragmotor en twee motors op die M7-ooswaarts in Durban, KwaZulu-Natal.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddienste, is paramedici net ná 11:00  ontbied na die toneel op Edwin Swalesweg in die rigting van die Bluff waar die vragmotor en motors onder die N2-brug op die snelweg gebots het.

“Met hul aankoms op die toneel het paramedici ʼn absolute slagting aangetref nadat ʼn vragmotor beheer verloor en teen twee motors gebots het voordat hy teen die pilare van die brug gebots het,” het Jamieson gesê.

Die gru-toneel. (Foto: Verskaf)

Twee mense was vasgekeer in die wrak van die vragmotor terwyl die bestuurder uit dié voertuig geslinger is. Een van die passasiers het noodlottige beserings tydens die botsing opgedoen. Paramedici kon niks vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder en ander passasier het kritieke beserings in die voorval opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat die bestuurder per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is. Die passasier is per ambulans na ʼn hospitaal gehaas, het Jamieson gesê.

Een van die passasiers in ʼn motor is ook beseer tydens die voorval.

Jamieson het motoriste gemaan om van alternatiewe roetes gebruik te maak aangesien die toneel nog skoongemaak moet word wat ʼn ruk sal duur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jannie ·

Maak bekend en vervolg die eienaar van die trok wat die trok nie onderhou het nie.

Dv ·

Jannie is alle voertuie waar die bestuurders beheer verloor onpadwaardig???
Hoeveel trokke best jy???

Johan ·

Jannie wat laat jou besluit die trok is nie goed onderhou deur die eienaar nie?

DV ·

So gereeld as klokslag verloor bestuurders beheer.
Wat moet die gemiddelde en goed opgeleide bestuurder hier van dink???

DV ·

Man ons aanvaar zoos Jannie se Al die voertuie o pad waardig is??

Enuch ·

Kanse is nogal goed. Weet jy wat kos npleon simpel diens? En almal wil duur karre ry.

Penellope Jones ·

Bring terug spoorvervoer, vragmotors moet van die paaie afgehaal word.

Cherokee ·

..en Penellope, daardie pad is oorlaai van swaar voertuie omdat dit die pad na die hawe is.

Johan ·

…en verder is dit n afwaartse helling waarvan die vragmotor gekom het met n 60 kpu spoedgrens vir swaarvervoer. Te oordeel aan die trok se skade het hy baie vinniger as dit gery. So..spoed agv remme wat ingegee het? Of nalatigheid?

Mel ·

Meerderheid van mensdom blameer betuurder van vragmotor maar ek sien daagliks hoe ander pad gebruikers voor trokke indruk en dink nie aan die gevolg van hulle dade nie. Baie mense ongeduldig en bestuur onverskuldig sonder om aan hulle optrede te dink en baie ken nie hulle padtekens nie. Voor enige een klippe gooi vra eers hoe bestuur ek, is ek n gevaar vir ander pad gebruikers. My inige simpatie aan oorledene se familie en die beseerdes.

Sidney ·

Moenie bewerings maak wak julle nie kan staaf. Siek word agter stuur kan ook n oorsaak wees.

Rika ·

Ek bly op die Bluff en glo my die trokke jaag so dis asof die duiwel op hulle gatte sit. Daai brug vanaf Bluff na Pinetown toe is gevaarlik het my kar 3 jaar terug afgeskryf agv n persoon wat nie kon wag en voor ek oor die groen robot is regs gedraai het . Trokke kom van Pinetown af en ry vinnig party keer is die robot al oranje dan jaag hulle nog steeds oor met daai helse vrag. Net jammer onskuldige mense ly daaronder. Hulle moet trokke verban en weer trein dienste begin. In Bayhead en Edwin Swales Drive is party keer n nagmerrie om te ry. Die hoeveelste ongeluk noual by daai brug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.