1 dood, 2 vas ná Durban-rooftog

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Vermeende rower is Woensdag in Durban doodgeskiet en sy twee medepligtiges is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn inwoner buite sy huis oorval en beroof het.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die mans het die man buite sy huis in Durban-Noord oorval en sy voertuig geroof. “Beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy het die verdagtes in Glen Anil opgespoor,” het Naicker gesê. “Hulle het op die veiligheidsbeamptes losgebrand. Die beamptes het teruggeskiet en een man noodlottig gewond.”

Die ander twee verdagtes het ontsnap, maar is kort daarna deur die polisie se honde-eenheid aangekeer.

“Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens, die gesteelde motor, asook die motor wat die verdagtes gebruik het. Daar word vermoed dat dié motor vroeër in Phoenix gekaap is,” het Naicker bygevoeg.

Die verdagtes word aangekla van roof met verswarende omstandighede en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Hulle gaan ook verbind word aan die kaping in Phoenix.

Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met ander misdrywe verbind kan word.

Die verdagtes moet binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Wonderlik. Daar is manne en vrouens daar buite wat hulle werk doen. Mooi julle!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.