1 dood, 3 beseer in grubotsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Netcare 911)

Een persoon is dood en drie ander beseer nadat vier voertuie Saterdagaand in Queensburgh, Durban, gebots en een voertuig aan die brand geslaan het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die voorval het omstreeks 19:30 in Hoofweg plaasgevind.

Volgens Jamieson het paramedici met hul aankoms op die toneel ʼn bloedbad aangetref. Een persoon was in die brandende voertuig vasgekeer en lede van die publiek het die man tevergeefs uit die voertuig probeer red. Die brandweer is na die toneel ontbied en die vlamme geblus. Die man het egter reeds in die voertuig omgekom en is op die toneel dood verklaar.

“Drie ander wrakke het verspreid oor die pad gelê,” vertel Jamieson.

Drie insittendes van dié motors het ligte tot matige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na hospitale in Durban geneem is vir verdere mediese behandeling.

Volgens Jamieson was Hoofweg sowat drie uur ná die voorval gesluit terwyl die polisie die toneel gefynkam het.

Omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Markus ·

Dit is amper nou net so gevaarlik om in die aand iewers heen te ry as om vir iemand op n plaas te gaan kuier

Kolskoot ·

Is spoed dan nie die oorsaak nie dis tyd dat mense verder en dieper ondersoeke doen as jy gaan uitpaseer en jy kan parralel parkeer kry jy jou lisensie .
In Holland neem dit 2jaar voordat jy n motor lisensie kry en vir n Vragmotor lisensie neem dit 5 jaar dit maak sin dit gaan op ure op die pad en jy betaal selfde soos n vlieg lisensie dit gaan oor vlieg ure en toestande nag
Mistigheid
Nattoestande
Grondpad
Bestuurs ondevinding en verandwoordelikheid dis waaroor dit gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.