1 dood, 3 beseer in trompop botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Rescue Care)

Een persoon is dood en drie ander is Sondag vroegoggend ernstig beseer in ’n trompop botsing in Durban, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is kort ná 06:00 na die toneel op die Hans Detman-snelweg naby Wingen Walk in Shallcross ontbied.

“Met hul aankoms op die toneel het paramedici ’n bloedbad aangetref,” het Jamieson verduidelik.

Volgens Jamieson het twee voertuie reg van voor gebots. Die bestuurder van een van die motors was in dié stadium in die wrak van die motor vasgekeer. Die persoon het noodlottige beserings in die botsing opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Drie insittendes van die ander motor in die botsing betrokke het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die botsing is onbekend. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel, het Jamieson gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

thelsa ·

Op die foto sien ek dubbel sperstrepe. Ons sal nooit leer nie. Spestrepe het ‘n bepaalde rede waarvgoor hulle aangebring is. Hier sien ons die gevolg as dit geïgnoreer word.

WIEBO ·

Die oorsaak van die botsing is onbekend? Trompop botsing? Mense moet ophou met die trompop botsing storie. as jy aan die verkeerde kant van die pad ry, is dit selfmoord!! Nie trompop botsing nie!!!!

Johan ·

As ‘n mens na die foto kyk, sien jy die sperstreep op die teerpad. Dit was dus weer ‘n roekelose persoon wat hom nie gesteur het aan die basiese padreëls nie.

H ·

Trompop botsing, as ek na die foto kyk, sien ek ‘n dubbel sperstreep vir beide bane, een voertuig het seker by ander voertuie verby gegaan of op selfoon gekyk en oor die sperstreep gery.

toy ·

Ek stem saam, daar was al so geval van selfmoord wat die persoon sien ‘n trok kom aan en gaan oor sy baan en ry binne in die aankomende trok vas.

moeniekortpadvat ·

Ek dink nie die bestuurders op die paaie Ken eers net die basiese pad reels. Selfs die leerling bestuur toets word gekoop en die vrae stel en antwoord is ook beskikbaar as jy rond vrae, as jy Vandag bestuur en dink al jou mede pad gebruiker het hul liksensie gekry wettig. Dan lewe jy in n droom wereld en gaan jy wreed wakker skrik. Die verkeers polisie moet nie net motors aftrek nie maar bestuurders ook toets vir drank en dwelms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.