1 dood, 3 beseer in trompop botsing

Die ongelukstoneel (Foto” ER24)

Een persoon is dood en drie ander beseer in ’n trompop botsing vandeesweek in Cato Ridge in KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê paramedici is Donderdag omstreeks 06:55 na Ou Georgedale-weg ontbied waar hulle met hul aankoms op die toneel twee motorwrakke in die pad aangetref het.

Drie beseerdes is met hul aankoms buite een van die motorwrakke aangetref terwyl een insittende in die ander motorwrak vasgekeer was. Dié persoon het egter geen teken van lewe getoon nie.

Volgens Meiring is die persoon op die toneel dood verklaar.

Die beseerdes, twee mans en ’n vrou, het ernstige tot matige beserings in die voorval opgedoen en is pynbehandeling toegedien voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rakende die voorval is in dié stadium onduidelik. Die owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel, het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Cleopatra69

Wonder maar net of hulle veronderstel was om 3 mense in die voertuig te he