1 dood, 3 beseer in trompop botsing

Argieffoto: ER24

ʼn Man is dood en drie mense ernstig beseer toe twee voertuie Saterdagaand naby Kriel in Mpumalanga gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 18:00 op die R547-pad plaasgevind.

“Die voertuie het mekaar reg van voor getref. Die bestuurder van een van die voertuie was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Drie mense is met verskeie beserings aangetref. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Vermaak gesê.

Die presiese oorsaak van die botsing is onbekend, maar owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

IK ·

Tromop-botsing en die oorsaak is onbekend? Gaan vertel dit vir ‘n graad-eentjie . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.