1 dood, 3 beseer toe motor net voor Potch rol

Argieffoto

Een persoon is dood en drie ander beseer toe ‘n motor in die vroeë oggendure van Sondag op die N12, sowat tien kilometer voor Potchefstroom, gerol het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 02:40 plaasgevind.

“Meganiese toerusting moes gebruik word om twee mans uit die wrak te bevry,” het Siddall gesê.

Een man is op die toneel dood verklaar terwyl ’n 27-jarige man en 24-jarige vrou gemiddelde beserings opgedoen het.

Hulle is na die provinsiale hospitaal in Potchefstroom vervoer vir verdere mediese behandeling.

Volgens Siddall het ‘n ander man wat geringe beserings opgedoen het geweier om na die hospitaal vervoer te word.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.