1 dood, 4 vas ná verdagtes teen muur vasjaag

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Een verdagte is dood en vier in hegtenis geneem ná ʼn skietgeveg en jaagtog tussen hulle en die polisie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Maandag omstreeks 20:30 plaasgevind in die Mkheyi-omgewing in Pienaar buite Nelspruit.

Die verdagtes, tussen 25 en 33 jaar oud, in ʼn wit Ford Ranger wat deur die polisie, Netstar-opsporingsdienste en ʼn privaat veiligheidsmaatskappy opgespoor is, het die oomblik toe hulle die polisie gewaar, begin wegjaag. ʼn Skietgeveg tussen hulle en die polisie het ook uitgebreek.

“Dit het daartoe gelei dat een van die verdagtes doodgeskiet is. Hulle het beheer oor hul voertuig verloor, teen ʼn muur vasgeploeg en al die verdagtes is beseer. Hulle is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking hospitaal toe gehaas.”

Volgens Hlathi is daar ook beslag gelê op ʼn vuurwapen en ammunisie wat vir ballistiese toetse gestuur sal word.

“Die polisie het ook vasgestel dat die einste voertuig met ʼn hele aantal misdrywe wat in en om Nelspruit gepleeg is, verbind kan word, waaronder ʼn onlangse sakeroof in die vroeë oggendure van Maandag by ʼn vulstasie in Rocky’s Drift naby Witrivier.”

Volgens Hlathi sal die vier oorblywende verdagtes vir eers in absentia in die hof verskyn. Sodra hulle gesond genoeg is, sal hulle egter teregstaan op aanklagte van kaping, sakeroof, die besit van vermoedelik gesteelde goedere, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie sowel as ander aanklagte wat verband hou met hul optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elize ·

Hoekom kan hulle nie in die gevangenis se hospitaal gesit word nie maar nee — hulle is mos onskuldig en moet eers in die hof verskyn waarna hulle seer sekerlik weer vry sal wees. Intussen geniet hulle die sorg van die hospitaal sowel as die kos wat aangedra word. Laat hulle gaan tronkkos eet en bietjie tussen die ander harde manne bly

Houdop ·

Hierdie outjues gaan ontsnap voordat hulle in die hof verskyn.

AWVDM ·

And now the State /Police must pay for their Medical Treatment / Care….

Haan ·

Tussen 25 en 34… Die “freedom” generasie is nou al mooi opgeskote en reg om hul indoktrinasie uit te leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.