1 dood, 7 beseer toe taxi’s bots

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Minstens een persoon is Saterdagoggend dood en sewe ander beseer in ’n trompop botsing tussen twee taxi’s op die R550 in Walkerville in Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê nooddienste is kort voor 08:00 na die toneel ontbied waar die passasiers van die onderskeie taxi’s verspreid oor die toneel gelê het.

’n Vrou, vermoedelik in haar twintigs, het verskeie ernstige beserings in die botsing opgedoen. Daar was egter niks wat paramedici vir haar kon nie en sy is op die toneel dood verklaar, het Meiring gesê.

Sewe ander mense is op die toneel behandel vir beserings wat van gering tot ernstig gewissel het. Die beseerdes is later per ambulans na nabygeleë staatshospitale vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Wat is oom Blade se reaksie oor die Taxi – slagting op ons paaie? Sterf een myner dan wil hul sommer die myn toe maak?!!

Alida ·

Ou Blade het geen idee wat op die paaie aangaan nie. Wondet of hy weet watter dag dit is.

Skuweberg ·

Geen kommertaar net n gesag. Wie betaal vir die mediese uitgawes?

Elsa ·

Hierdie berug is nie korrek. Was daar.
1 taxi en 7 voertuie. 4 dood en 12 beseer.

Pieter, Weskaap. ·

Elsa, kyk weer na die bygaande foto. Daar’s 2 taxis op die foto wat beslis beide in die botsing was.
Ek kry die arme passasiers jammer wat uitgelewer is aan die roekelose en gewetenslose
taxidrywers. En die wetstoepassers skitter maar heel dikwels in hul afwesigheid…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.