1 dood, verskeie beseer ná N3-vragmotorongeluk

Die vragmotor nadat dit teen die wal afgerol het.(Foto: Netcare 911)

Een insittende is dood en verskeie ander beseer nadat ’n vragmotorbestuurder vermoedelik op ’n afdraand beheer oor die voertuig verloor en in verskeie motors ingeploeg het, waarna die vragmotor teen ’n wal afgerol het.

Die voorval het Donderdagoggend op die N3 ooswaarts net voor die Mariannhill-tolhek naby Durban plaasgevind.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici het omstreeks 10:21 met hul aankoms op die toneel verskeie beseerdes aangetref.

Een van die motorwrakke op die toneel. (Foto: Netcare 911)

Een insittende is teen 11:02 op die toneel dood verklaar terwyl verskeie ander ligte tot ernstige beserings in die voorval opgedoen het. Sommige was in hul motors vasgekeer.

Al die pasiënte is egter teen 11:21 uit die motors bevry, op die toneel behandel en na hospitale geneem vir mediese behandeling.

Die toepaslike owerhede was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Vertrou nie hierdie vragmotor ongelukke nie.

Mallie

Het iemand al gesien hoe ry die trok drywers? Hulle gee nie om nie, as hulle van baan wil verwissel dan sit hulle hulle flikkerligte aan en kom net oor of gaan net verby. Ek wens iemand wil die swak bestuurders, bestuursklasse gee. Die heel regterkanste baan op die snelweg is vir voertuie wat wil verby gaan maar nee hulle gebruik dit mos om geselsies aan te knoop.

Probeer verstaan

Mense kyk na die VW hoe le al die blikkies Bud Light om hom.

Cecilia

Dit gaan al hoe meer en meer gebeur omdat lisensies gekoop word. Vat d trok bestuurders vas as hul ongelukke veroorsaak laat hulle oor gaan vir hul lisensies.