1 dood, vyf beseer in trompop botsing

Een persoon is dood en vyf beseer toe twee motors Sondag in die suide van Gauteng reg van voor gebots het. Foto: Verskaf.

Een persoon is dood en vyf beseer toe twee motors Sondag in die suide van Gauteng reg van voor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Sondagmiddag naby Vanderbijlpark plaasgevind.

“Toe paramedici saam met ander nooddienste by die toneel opdaag het hulle ʼn bakkie en ʼn motor in die middel van die pad aangetref. Drie mans het buite die motor gelê en drie ander is in die motor aangetref,” het Meiring gesê.

“Een van die vier mans wat kritiek beseer is, het aan sy beserings beswyk. Twee ander is matig beseer.”

Die polisie het die pad tydelik vir verkeer afgesper en ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Linda ·

Hierdie pad is hopeloos te nou en moet drasties vergroot word met meer bane. Die rede van al die ongelukke hier is verbysteek as een voertuig te stadig beweeg !

Danie ·

Die botsing kan veroorsaak dat die posisie van voertuie verander. Dit hang van die massa, spoed ensovoorts. Om net die foto na die botsing te gebruik drae hoogstens 25% (as dit so baie is) by tot die waarde van die finale uitslag van die ondersoek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.