1 leerling dood, 2 kritiek in Jhb-botsing

Argieffoto: Netcare 911.

Argieffoto: Netcare 911.

ʼn Skoolkind is dood en twee is in ʼn kritieke toestand in Dinsdagmiddag se ongeluk in Johannesburg toe ʼn motor tussen die kinders ingeploeg het.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het by die kruising van Louis Botha-rylaan en Corlettweg in Bramley plaasgevind en dat die motor ʼn groep van sewe skoolkinders getref het.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, dui die jongste inligting op die toneel daarop dat die skoolkinders en voetgangers ernstige tot kritieke beserings opgedoen het.

“Twee voertuie was in ʼn botsing in die kruising betrokke,” het Mathe gesê. “Die oorsaak van die botsing word nog bespiegel, maar word deur die polisie ondersoek. Een van die voertuie is deur die impak na die sypaadjie geslinger, waar dit die mense getref het.”

Netcare 911 en verskeie ander nooddienste het na die beseerdes omgesien en na nabygeleë hospitale geneem.

Die twee kinders wat kritieke beserings opgedoen het, is deur ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Die kind wat gesterf het, is op die toneel dood. ‘n Volwasse man is ook op die toneel dood verklaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Dit is werklik jammer dat onskuldige mense so tot hulle einde kom. Ons sal nie nou weet wat die doel was nie.

Chris W ·

Presies net wat in my kommentaar in die eerste berig gese het: elke storie of ongeluk het twee kante en hier kom dit nou uit dat daar ‘n botsing in die kruising was wat veroorsaak het dat een voertuig op die sypaadjie beland het waar die kinders was.Wie is nou’ skuldig vir die kinders se beserings en een sterf geval?Nie te min,my innige simpatie met die wat ‘n geliefde verloor het en baie sterkte aan die beseerdes.Hier kom weer groot Pad Ongeluk Fonds – eise!

François ·

Botsing in die kruising? Enige weddenskappe dat die een ‘n minibus taxi was?! Dis mos hulle ‘trademark’.

Antjies ·

Die munisipaliteite is LAKS deur robotte nie tot werkende toestand te herstel nie. Hulle moet OOK sommer aangekla word saam met die taxi bestuurder. ‘n Kind se dood is so traumaties…..ons Ouers sal net nooit verstaan hoekom ONS Kinders geneem word nie.

Arizona ·

Daar was n taxi betrokke. Die robote by hierdie spesifieke kruising is al maande lank buite werking. Dit blyk die taxi het n kans gevat en nie gekyk vir die aankomended verkeer nie. Hy het die Avanza in die middle van die kruising getref wat veroorsaak het dat die Avanza teen die kinders gebots het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.