1 LP dood, 3 ernstig beseer in ongeluk

parlement-wikimedia-commons

Die parlementsgebou in Kaapstad. Foto: Wikimedia.org

Een LP is dood en drie ander LP’s ernstig beseer in ʼn motorongeluk wat vanoggend buite die Paarl plaasgevind het.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het in ʼn verklaring gesê die LP’s was op pad na die Paarl vir oorsigtelike besoeke aan verskillende skole toe die motor waarmee hulle gereis het, gerol het.

Die LP’s was deel van die portefeuljekomitee vir basiese onderrig.

“Een LP is op die toneel dood en die ander drie is ernstig beseer en ontvang tans mediese noodbehandeling,” het Mothapo gesê.

Mothapo het gesê meer inligting sal verskaf word sodra die familielede van die LP in kennis gestel is.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het haar medelye met die familie en vriende van die oorledene betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boeta ·

Seeker ń bloulig brigade gewees hulle mag mos ry soos hulle wil

PATTY ·

Hul was met ‘n taxi in ongeluk betrokke. Nou wil staat hê daar moet meer na die veiligheid van hul LP’s gekyk word. Jammer vir hierdie familie wat hierdeur geraak word om ongelukkig is dit realiteit waarmee ons ander padverbruikers elke dag sit. Ons familie en ons eie lewe word ook nie beskerm deur die staat nie. Ons verloor ook gesinsmense in ongelukke veroorsaak deur taxi’s nes hierdie LP was maar ons moet daarmee cope en aangaan. Ons is almal mede burgers van hierdie land. LP’s is nie verhewe bo ander nie. Hoekom nie na almal se veiligheid op paaie kyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.