1 miljoen kiesers Saterdag geregistreer

IEC-logoTen minste een miljoen Suid-Afrikaners het Saterdag verkiesingstasies regoor die land besoek om vir vanjaar se munisipale verkiesing te registreer.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Sondag gesê behalwe vir Saterdag se registrasies, het talle kiesers nog Sondag na die onderskeie verkiesingstasies gestroom om te registreer. “Minder as 20 van die 22 569 kiesstasies het Sondag tegniese probleme ervaar wat teen die middag reeds opgelos was,” het die OVK in ʼn verklaring gesê.

Volgens die OVK was sommige kiesstasies Sondag steeds gesluit weens betogings in die onderskeie gebiede. “Hierdie gebiede sluit in Vuwani in Limpopo, waar agt van die 45 kiesstasies Sondag steeds gesluit was, asook kiesstasies in Ethekwini en twee kiesstasies in Weenen in KwaZulu-Natal. Twee stasies in Khayelitsha in die Wes-Kaap, vier in Thabankulu in die Oos-Kaap en twee in GaMothibi, Noordwes, is ook gesluit.”

Die OVK het ook bevestig meer polisie moes Sondag ontplooi word waar betogers probeer het om OVK-beamptes te verhoed om kiesers te registreer.

Die amptelike registrasienaweek het 17:00 tot ‘n einde gekom, maar mense wat geregtig is om te stem, kan steeds gedurende kantoorure by hul plaaslike OVK-kantoor registreer tot die amptelike verkiesingsdatum aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neels ·

Heelwat verwarring in Nelspruit. Mense is deur sodiale media gevra om hulle ID nommers na 32810 te sms. Die antwoord was dan dat jy MOES her-registreer agv van die grens verskuiwings van seker wyke. Die app op News24 het weer bevestig dat ek wel geregistreer was en waar ek moes gaan stem. Weet enige iemand iets meer hiervan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.