1 sterf, 1 kritiek ná ongeluk by werkplek

(Argieffoto: ER24)

ʼn 30-jarige man is dood en sy kollega in ʼn kritieke toestand ná ʼn ongeluk vanoggend by ʼn tenkwa-onderneming in Krugersdorp aan die Wes-Rand. Daar is in dié stadium min inligting omtrent die voorval bekend.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê paramedici is teen 09:45 na die onderneming in Factoria ontbied waar hulle albei mans op die vloer voor die tenkwa waaraan hulle glo gewerk het, aangetref het.

Volgens Campbell het paramedici die 30-jarige man op die toneel probeer behandel. Hy is later op die toneel dood verklaar.

“Die tweede man, vermoedelik in sy 30’s, het veelvuldige frakture opgedoen en is na die Leratong-hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Campbell gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was vanoggend op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.