1 sterf, 3 beseer toe motor teen sleepwa bots

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Die bestuurder van ’n motor is dood en drie passasiers beseer toe die voertuig waarin hulle gereis het Saterdag teen die sleepwa van ’n vragmotor gebots het toe die vragmotor by ’n plaas ingedraai het.

Die voorval het op Malmesburyweg buite Wellington in die Wes-Kaap plaasgevind.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 14:10 op die toneel aangekom en die bestuurder van die motor is dood verklaar.

Die passasier wat op die voorste sitplek van die motor gesit het ten tyde van die botsing het ernstige beserings opgedoen. Dié 43-jarige man is op die toneel behandel voordat hy na ’n hospitaal in die Paarl gehaas is vir verdere mediese behandeling.

’n Vrou en kind is met ligte beserings na ’n hospitaal vervoer.

Die polisie was gister op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.