1 sterf, 6 beseer tydens gru-botsing

Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood en ses ander mense beseer nadat ʼn motor en ʼn minibus-taxi Saterdagaand reg van voor op die Zuurbekom-pad in Randfontein gebots het.

Nicholas Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 20:05 na die ongelukstoneel ontbied. Daar het hulle die wrakke van die voertuie aangetref met die bestuurder van die motor steeds in die wrak vasgekeer. Meganiese toerusting moes gebruik word om die man uit die wrak te bevry.

Foto: Netcare 911

Volgens Dollman het hy egter reeds aan sy beserings beswyk. “Ses ander mense het verskeie beserings opgedoen en is deur verskillende ambulansdienste na hospitale in die gebied vervoer,” het Dollman gesê.

Hy het gesê daar word beweer dat die bestuurder van die minibus-taxi van die ongelukstoneel gevlug het, maar dit kon nie dadelik met die polisie bevestig word nie.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Irene ·

Al die taxis is gevaarlik op paaie kom kyk net in Silverton Pta

Hennie ·

En hulle reken ongelukke sal verminder as spoed op hoofpaaie beperk word op 100 km/uur. Wie sal dit gehoorsaam? Miskien sal dit help as taxis en busse se spoed op 80 km/uur beperk word.

snoefie ·

altyd n taxi. daardie “public license” help niks as hulle met n atos hulle rybewyse gekry het en dan n minibustaxi vol mense met vervoer teen die spoed van lig nie.

snoefie ·

ekskuus vir die Atos. met n leë kia trokke lisensie gekry het.

Johann Marx ·

Hehehehe….Snoefs is reg. Let op hoeveel Suid Afrikaners kry hulle bestuurslisensies met ‘n 2ton lorrietjie…..Die rede daarvoor is eintlik belaglik, maar tog beduidend. Met so ‘n lorrietjie hoef jy nie “parallel parking” te doen tydens jou praktiese toets nie…..dis net vorentoe!!

Wagter ·

Ja julle almal se dis ongelukke is agv die c1-1 ton lisensies maar ek sien nie hoe parallel parkering hierdie ongeluk of enige een om eerlik te wees kon vermy nie so hou op om mense met die lisensie die skuld te gee, dis persoonlike foute, nie die nommer op die stukkie plastiek wat in jou beursie is nie

Ken2 ·

Die ANC ondersteunter het die geheu van n traapsukie. Een oomblik is hulle “vreeslik ontsteld” oor die ongeluk waarin massas skoolkinders in mpumalanga dood is. Oppad daarheen ry die premier sommer nog iemand dood. N dag later en die taxies gaan maar net normaal voort met slagtings en hulle weet daar gaan niks van kom nie, als vergete.

Padveiligheid ·

Padveiligheid is net lippetaal. Dis eerder padvuiligheid.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe spoed op die paaie beperk kan word weet ek nie want daar is tog nie ‘n amptenaar wat saam met elke voertuig is nie. Ek is nie ‘n motorwerktuigkundige nie, maar is dit nie moontlik dat daar ‘n enjinverandering aan taxis aangebring kan word waar die voertuig se enjin verhoed om oor ‘n spesifieke spoedgrens te beweeg nie?

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat betref die padwaardigheid van voertuie, spesifiek taxis. Hoekom kan daar nie ‘n opgeleide persoon by elke “taxi rank” gestasioneer word om die stand van veiligheid van die voertuig te bepaal en dit dan of afgekeur of goedgekeur kan word nie. Net een so ‘n persoon is genoeg om BAIE voertuie te ondersoek by EEN taxisaamplek. Al doen hul net die minimum. Toets die bande, is seker die belangrikste en sommer terselfdertyd word die bestuurslisesnsie nagegaan.

Lee ·

Dis lankal nie meer my verbeelding nie –
In ieder en elke ongeluk is daar ‘n TAXI by betrokke,
en dis maar net die waarvan ons lees en hoor op nuus.

VERBAN DIE HELE KLOMP ARROGANTE, ONBESKOFTE, WETTELOOS EN ROEKELOSE SPUL TAXI DRYWERS !!

magda ·

dagse Lee
ek stem saam. bestuurders van busse en huurmotors het `n totale houding van niks omgee nie. hulle erken dat hulle eintlik niks voel nie. en verseker weet ons hulle voel niks nie. ons sien dit aan die sterfte syfers so jammer.
te veel regte is aan mense toegestaan. daar moet nie regte wees vir aaklige misdadigers nie. geen maar geen.

Magda Opperman ·

dagse

solank wet en orde nie volkome tot sy reg kom nie, sal dit maar moeilik gaan. burgers sal dus nie aan die nodige wette gehoorsaam wees nie en maak net soos hulle wil. dit sien ons daagliks. wat `n ramp. wat `n ramp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.