‘1 uit elke 10 onderwysers daagliks afwesig’

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. (Foto: ANA)

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, is bekommerd oor die effense styging in die getal onderwysers wat daagliks afwesig is.

Motshekga het Maandag die bevindings van ʼn nasionale skolevorderingsverslag in Pretoria bekend gemaak. Die departement beskryf die opname as ʼn wetenskaplike en onafhanklike maatstaf om die sukses, of gebrek daaraan, in die onderwyssektor te bepaal.

Daar is bevind ʼn gemiddeld van 10% van onderwysers is elke dag afwesig van die werk en groot verskille is gevind tussen laer- en hoërskole, sowel as per provinsie en in verskillende kwintiele. Skole word op grond van hul hulpbronne ingedeel. Dié met die meeste hulpbronne val in die kwintiel 5-kategorie en dié met die minste staan bekend as kwintiel 1-skole.

“Die 2017-opname het geen beduidende afname aangedui in die tempo waarteen onderwysers sedert 2011 afwesig is nie. Die opname het ʼn toename in die gemiddelde afwesigheid (van 8% na 10%) per dag aangedui,” het Motshekga gesê.

“Dit maak ons uiters besorg. Ons moet meer doen om onderwysers te ondersteun. Daar is ʼn behoefte om dieper in die statistieke te delf om die voorkoms van dié vlak van afwesigheid te verstaan. Ons moet wel die provinsies Limpopo (6%) en die Vrystaat (7%) gelukwens met die laagste vlakke van onderwyserafwesigheid in die betrokke tydperk,” het Motshekga gesê.

Die 2017-opname het bevind die vlak van afwesigheid is naastenby in ooreenstemming met die internasionale standaard en dat die klein verandering sedert 2011 nie gesien moet word as bewys van ʼn beduidende toename in onderwyserafwesigheid nie.

Die studie is gedoen in ʼn betreklik verteenwoordigende groep van 1 000 skole landwyd wat onderrig tot graad ses aanbied, sowel as in ʼn groep van 1 000 skole wat onderrig tot graad 12 aanbied. Slegs skole wat as gewone staatskole gekategoriseer word, het deel gevorm van die studie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pieter du plessis ·

Daar moet gespesifiseer word wie en watter skole want die onderwysers waar my kinders skoolgaan het n 100% aanwesigheid gehad vir 2018,nou net met die hoof bevestig.

marous ·

In 2016 het sy erken onderwys is katastrofies en ‘n ramp . Al wat verander het is , dit is nou ‘n ramp en katastrofies ….

Stoffie ·

Jip, nie moeilik om te weet waar hierdie statistieke gaan haal is nie, maar julle wil WERKENDE Skole oorbelaai met anderstaliges en anderstalige onderwysers wat ook dan maar gereeld siek gaan wees . WAT LESUFI en al die mense nie verstaan nie .. jy kan nie iets AFBREEK om dit beter te maak nie … LEER eerder by die skole wat vooruitgaan en hou op om eers AF TE BREEK voordat julle opbou .. ONDERWYSERS wat so baie van die werk af wegbly is BELAGLIK .. hoekom moet hulle nou kamstig ondersteun word?

AmY ·

Skokkend. Ek het baie onderwysers op skool gehad wat nooit afwesig was nie.
In gevalle van groot operasies was daar onmiddellik plaasvervangers. (gewoonlik afgetrede onderwysers wat vertroud was met die vak.)
Behalwe in die geval van noodoperasies, het van ons onderwysers hulle in die vakansies laat opereer, só toegewyd was hulle.
Ons was bitter selde agter met die sillabus.

Poefpaf ·

Die onderwysers volg net die voorbeeld van ons parlementslede. Ás hulle nog opdaag, slaap hulle in elk geval dwarsdeur die ‘New Dawn’.
Wonder hoe lyk Angie Motshekga se dae aanwesig op die register?✔of ❌

Spanner ·

Siekverlof word as velof beskou, jy maak seker jy vat als! Nie net in sekere skole en munisipaliteite nie, maar oral, selfs ministers! Hoekom loop die “townshipskole ” leeg en die ou model C skole bars uit hul nate? Busse vol word aangery waar wit onderwysers n “good education ” veskaf en agteroorbuig om te help. Hoekom noem Motshekga nie die skole by die naam waar 10% of meer onderwysers afwesig is nie? Dalk is die skoolhoof nie by die skool nie!

Pottie ·

Sit elke dag met 150+ kinders met snotneuse en verskeie ander siektes in jou klas want ours kan nie hul kinders tuis hou as hul siek is nie want dis is soveel meer gerieflik om jou verantwoordelikheid skool toe te stuur dan sal jy sien hoe gou raak n mens siek.

Nie eens om te noem dat die klasse oorvol is nie en die werk nooit minder raak nie.

coen ·

Jy slaan spyker op kop. Oorvol klasse en kinders wat nie respek het vir onderwysers nie.
Hulle hou gladnie op praat nie en pluk omtrent almal en dan kry onderwysers die skuld. Sielkundig vang dit nou die onderwysers dat skoolhou geen plesier is meer nie

Cherokee ·

Hopelik stuur die afwesige onderwysers se ouers briefies skool toe saam met hulle, om die afwesigheid te verduidelik.

Alida ·

Ja wel Lesufi prop die skole te vol. Hoekom hou hulle nie rekord van die wat so baie “siek” is nie. No work no pay. Ondersoek ook die Dr wat net n brief gee. Word ook omgekoop.

Andre ·

Onderwys ontwerp vir fabriekwerkers … lg. wat deur robotte vervang word.

Onderwys ontwerp om onbruikbare (werklose) mense te skep.

Kinders, onderwysers en ouers wéét al die bg. … tog word met die futiele ‘produksielyn’ voortgegaan.

Die inligtingsera benodig skrander individue wat VINNIG kan leer en AANPAS …. nie massamense wat ‘n ‘job’ soek … maar nooit vind nie.

Slaan plat die skoolgeboue en stuur die ‘nuttelose’ jeugdiges huistoe.

Voorsien aanlyn onderrig aan dié individue wat LEERGIERIG is …. en los die res!

Gert van Wierdapark ·

Weens die gehalte van die onderrig ens word dit seker ook nie agtergekom dat ‘n 10e van die onnies deurlopend stokkies draai!?

George in Bloem ·

Hoe dan anders? As jy mooi na die foto kyk lyk dit of die baas van die departement self bietjie “afwesig” is……glad nie die skerpste potlood in die pakkie nie.

Heksie ·

Self eendag met die hoof van Ferndale High gepraat, op daardie spesifieke Maandag was daar 8 onderwysers afwesig en natuurlik kan daar nie teen hul opgetree word as hul met doktersbriewe opdaag die volgende dag nie …
Geen passie vir hul werk nie, net soos vele ander instansies gaan dit net oor die geld en die byvoordele!

GM ·

Ek sou ook permanent afwesig wou wees as ek heeldag met ‘n klomp ongemanierde kinders moes werk wat meer regte as jyself het. In die skole waar daar nog respek en dissipline is, glo ek is die onderwysers selde afwesig, en as hul is, word plaasvervangers gereël. Maar nou wil Lesufi dáárdie skole ook gaan staan en opmors. So hou hul hul toekomstige stemmers dom, oningelig, en manipuleerbaar.

Catherine ·

Ek het vir 35 jaar skoolgehou. NOOIT het sulke nonsens by ons skool gebeur nie. Mens wonder waar die skole hulle bevind en hoekom word daar niks aan gedoen nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.