1 vas ná groep rowers op Pta-polisie losbrand

Die Tshwane-metropolisiebeampte en sy snuffelhond wat die verdagte en sy vuurwapen opgepoor het. Foto: TMPD

Die Tshwane-metropolisiebeampte en sy snuffelhond wat die verdagte en sy vuurwapen opgepoor het. Foto: TMPD

ʼn Vermeende rower en moordenaar is Dinsdag in Pretoria vasgetrek kort nadat hy en sy makkers op polisiebeamptes losgebrand het.

Volgens konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het beamptes van die Atteridgeville-polisie Dinsdag omstreeks 15:00 op die R511-pad wes van die stad gery toe hulle ʼn  verdagte man opgemerk het.

“Hulle het hom begin agtervolg en hy het in die bosse langs die pad ingehardloop,” het Moloto Donderdag aan Maroela Media gesê.

“Toe die beamptes stilhou om hom te gaan soek, het daar ewe skielik ses verdagtes uit die bosse gespring en op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet.”

Die verdagtes het almal terug in die bosse ingehardloop en op vlug geslaan. Die beamptes is nie in die skietery beseer nie.

ʼn Gesamentlike poging deur die polisie, metropolisie, honde-eenheid en ʼn polisiehelikopter het die gebied vir die verdagtes, wat vermoedelik van plan was om ʼn rooftog uit te voer, gefynkam.

Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media gesê die polisiehelikopter kon nie die verdagtes opspoor nie omdat die gebied te bebos is. “Een van ons beamptes en sy snuffelhond was egter vinnig op die spoor van een van die verdagtes en hy is kort daarna in hegtenis geneem,” het Mahamba gesê. Die snuffelhond het ook die verdagte se vuurwapen wat hy weggesteek het, opgespoor.

Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om roof te pleeg en poging tot moord. Daar is later vasgestel dat die verdagte moontlik met ʼn moordsaak verbind kan word.

Moloto het gesê die polisie is steeds op soek na die ander verdagtes en dat meer inhegtenisnemings verwag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tammy ·

Gee die hondjie n “steak” hy verdien dit! Wonder waar kom al die gemors so skielik vandaan?

Peet Schabort ·

Daar in Morgenson se wêreld is boere wat die polisie kan leer hoe word dit gedoen.

Johan ·

In Ermelo EN Amsterdam loop ook sulke boertjies rond, kom julle skuim, ons sal julle op die regte manier “regsien”…

Peet Schabort ·

Ek verstaan daar op Piet Retief en Memel ook, Johan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.