10 000 moet glo een kraan deel in Noordwes-dorpie

Argieffoto

Argieffoto

Die gemeenskap van Kraaipan in Noordwes het glo net een kraan vir 10 000 mense, het die DA Sondag gesê.

Volgens Leon Basson, DA-LP, het die party ʼn oorsigbesoek gebring aan die gemeenskap om die lewensomstandighede van die mense in Kraaipan, sowat 70 km van Mafikeng, te bepaal. “Dit is verregaande en diep teleurstellend om langs inwoners te staan wat vir ure moet toustaan by die gemeenskaplike kraan om water in houers op te vang. Party moet die water dan vir kilometers ver dra.”

Basson het gesê partylede het ook gesien hoe skoolkinders ná ʼn lang skooldag van kraan tot kraan loop in die hoop om ʼn werkende kraan te vind. Hy het gesê in Lokaleng, deel van Kraaipan, word daar glad nie water deur die munisipaliteit verskaf nie en word inwoners glo gedwing om boorgatwater te koop teen R100 per week.

“Dit weerspieël ’n fundamentele verwaarlosing deur die regering en is ’n oortreding van grondwetlike regte. Die Ou Kraaipan-gebied het onvoorspelbare watervoorsiening – een dag aan en een dag af. In ander gebiede het inwoners ons vertel dat watertekorte so lank as twee maande op ’n slag duur wanneer die krane opdroog,” het Basson gesê.

Volgens Basson sal die DA die minister van water en sanitasie onmiddellik versoek om ’n eenheid op die been te bring om watertenks na Kraaipan te neem en ondersoek in te stel na die herstel van die pompe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pietertjie ·

Die kraan is seker permanent oopgedraai. Wens ék het so ‘n gemeenskaplike kraan sonder ‘n meter gehad!

Human ·

Nee Daan, kraan reeds weg. Sien onder foto “Argieffoto”

Lynette ·

Se gou vir my hoeveel duisende spookwerkers het daardie provinsie teen R25,000 pp per maand?

Jacques ·

Dink erens lieg iemand dis onmoontlik vir 10 000 mense om een kraan te deel, en in die berig staan kinders gaan van een kraan tot n ander.

sarievan heerden ·

Leer eers die mense HOE ‘n kraan werk voordat water aangebied word want ons sien daagliks op televisie hoe die area om die krane een groot poel water is waar mense hul houers volmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.