10 000 nuwe gevalle teen einde van week verwag

Salim Abdool Karim (Foto: Motshwari Mofokeng/African News Agency)

’n Epidemioloog voorspel dat Suid-Afrika teen die einde van die week reeds meer as 10 000 nuwe Covid-19-gevalle per dag gaan aanmeld.

Prof. Salim Abdool Karim, voormalige voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, het Maandag gewaarsku dat die nuwe Omikron-variant waarskynlik ʼn styging in Suid-Afrika se koronavirusgevalle tot gevolg sal hê.

Nuwe gevalle kan moontlik teen die einde van die week verdriedubbel, glo Karim.

“Ons kan verwag dat oordraagbaarheid waarskynlik hoër gaan wees en daarom kan ons vinniger meer gevalle sien.

“Ek verwag dat ons teen die einde van die week die kerf van meer as 10 000 gevalle per dag gaan verbysteek en binne die volgende twee tot drie weke druk op hospitale gaan sien.”

Maroela Media het vroeër vandag berig altesame 2 858 nuwe Covid-19-gevalle is teen Maandag in Suid-Afrika aangemeld. Dit is ʼn beduidende toename van die minder as 300 nuwe gevalle wat twee weke gelede aangemeld is.

Die positiwiteitskoers het ook van 1% tot byna 10% binne twee weke gestyg.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het egter vanoggend gesê Suid-Afrikaners hoef nie angstig oor die nuwe Omikron-variant, óf ʼn moontlike vierde vlaag van die pandemie te wees nie.

Die minister en ander kenners sê die land het die afgelope 20 maande reeds drie golwe agter die rug en meen Suid-Afrikaners gaan hulle nie deur ʼn vierde vlaag laat onderkry nie.

Phaahla het die versekering gegee dat die land se gesondheidstelsel voorbereid is op ʼn volgende vlaag en het ʼn beroep op mense gedoen om hulself te beskerm deur die nodige veiligheidsmaatreëls na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Baardman ·

Gee al die stats, hoeveel van daardie gevalle het in die hospitaal beland en hoeveel het gesterf. Die virus is dalk meer aansteeklik maar minder dodelik

Henri ·

Wat sien ek mis? Soos ek verstaan is die eerste Omnikron al in September opgetel.

Dit maak my siek.

Alexander ·

Die kommentaar by enige Covid verwante artikel is erg voorspelbaar :D

Owlie ·

Kommerwekkend dat grleerdes soveel vrees probeer implant Inentings is net so effektief soos die virus se verdwyning en huidiglik is dit oor en oor bewys dat dit nie gou gaan gebeur nie – wanneer kom die volgende variant en wat is sy naam

Owlie ·

Is dit nodig dat geleerdes soveel paniek saai
Die inenting is net so effektief soos die verdwyning van die virus en dit is oor en oor bewys gaan nie gou gebeur nie
Met sulke voorspelde akkuraatheid, wanneer kan ons die volgende variant verwag en wat gaan sy naam wees

ENFM ·

Nogal interessant dat die FDA op 15 November 420 addisionel toetse goedgekeur het, wat nou gebruik word in Suid-Afrika om vir Covid-19 te toets.
As meer toetse gedoen word, gaan daar meer positiewe gevalle wees.

DJ ·

Hierdie professor hou van sy eie stem en poog baie hard om die vrees gogga onder die bevolking aan te jaag. Ek sal graag wil weet hoeveel van die nuwe gevalle is ten volle ingeentes.

Nicolaas Hendrik ·

Gaan luister wat Dr. Coetzee se, en nou is almal kwaad oor dat sy die omnikroon variant bevestig het wat wys hy is nie gevaarlik nie, LAAT JOU DINK wat gaan aan

4ntj13 ·

Dit was orals in die nuus voor Omicron: Merck maak ʼn pilletjie wat presies dit doen. Dit laat die virus muteer tot dit (hopelik) nie verder oorleef nie. Klink vir my eerder na strategie om Omicron (in Brittanje) te skep, en dan SA te straf daarvoor. Dis tyd die FDA kom met die sak petats tevoorskyn!!

Jacobus ·

Dit gaan nie oor die vrus, die getalle ens nie – dit gaan oor “pay back” vir getalle. Propoganda op industriële skaal!

Veronica ·

Asb! Praat vir jouself! As julle nou n landwye opstand wil sien moet julle ons probeer dwing! Daar is GEEN bewys dat dit enting die nuwe variant sal keer nie. Inteendeel: 4 van baie goeie vriende van my is in hospitale oorlede en hulle was inge-ent!!! Ten volle ge-ent!!! Los ons uit!!

KB ·

Dit kan slegs in ‘n diktatoriese/kommunistiese land gebeur.
Sover ek weet, is SA nog ‘n demokratiese land.
So…”UIT vir jou”…

Anoniem ·

In Moskou het mense bloot weggebly van alle besighede wat inenting paspoorte vereis het, soveel so dat dit na ‘n paar maande opgehef is weens druk van die besighede op die regering. Dit toon die krag van passiewe weerstand, jy hoef nie soos in SA alles voor die voet te vernietig nie.

Kirst ·

As my kinders nie teen polio ens bewys van inentings kan toon nie mag hulle nie skool toe gaan nie. Hoekom is julle nie daarteen gekant nie?

Adriana ·

Hierdie man is baie slim, hy dink hy is God, kan peste en plae vooruit voorspel. Hy het hierdie al in Augustus voorspel.. My geloof en beskerming is in my Hemelse Vader, net hy kan besluit oor die lewe en dood.

KB ·

Prof. Salim Abdool Karim se woorde:
“waarskynlik”
“kan moontlik”
“kan verwag”
“glo”…
Hierdie woorde, my liewe vriende, is sinoniem met bespiegelinge en filosofië.
Dít saai vrees en onsekerheid. Dis dalk tyd vir hierdie SLIM navorsers om hulle DOM monde toe te hou (hulle monde doen meer skade as hul analitiese breine).

annie ·

Vreemder en vreemder… Die nuwe variant is nie ernstig nie maar die buiteland gooi hul hekke toe, ons regering wil almal verplig om in te ent en Abdool skree wolf wolf. Of die medici daarvan hou of nie, hierdie virus gaan die een of ander tyd die aftog blaas, maar sal hulle?

Papsak ·

Ja ek stem virus moet een of ander tyd die gees gee maar gaan hulle ophou goeie vraag ne

Jacobus ·

Papsak stem volkome saam. Wat het van die gewone seisoenale griep en verkoue virusse geword.
Ons “betaal” nou vir die vorige 20 jaar plus gebrek aan ontwikkeling en beplanning (soos Eskom). Al wat my bekommer (en baie ander) dat hierdie “designer” virusse is .

JohnnyS ·

Vergelyk Suid-Afrika (SA), Verenigde Koninkryk (UK) en Italië (IT) se statistieke. Die lande het min-of-meer dieselfde bevolkings getalle. SA 24% inentings persentasie IT en UK staan op 80%. Totaal COVID opgedoen : UK 10,2 miljoen / IT 5,02 miljoen / SA 2,6 miljoen. Totaal sterftes : UK 145 000 / IT 134 000 / SA 89 822. Laaste sewe dae nuwe infeksies : UK 42 733 / IT 11 957 / SA 4 786. Sterftes laaste sewe dae : UK 120 / IT 70 / SA 34 – Hierdie statistieke is verkry vanaf https://github.com/CSSEGISandData/COVID-19. Volgens die FEITE is dit duidelik dat die “vaccines” nie effektief is. Inteendeel wil dit voorkom dat dit beter is om nie grootskaals te “vaccinate”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.